424 on 5th Hans Merensky Golf Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

424 on 5th Hans Merensky bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n grasdak-lodge wat by die vyftiende putjie van die dames-bof op die Hans Merensky-gholflandgoed in Phalaborwa geleë is. Daar word ook na die gholfbaan as Gholf in die Wild verwys, omdat daar wild vrylik rondloop op die gholfbaan en tussen die huise.

Die lodge bestaan uit 3 ruim en suite-slaapkamers, 'n gaste-toilet en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea met lugversorging. Die tweede en derde kamers het elkeen dubbeldeure watna 'n privaat dek lei. Elke badkamer is ingerig met 'n toilet, stort en 'n dubbelwasbak en die eerste en derde badkamers het elkeen ook 'n bad. Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, yskas, mikrogolfoond, gasstoof, 'n elektriese oond en 'n koffiemasjien. Die waskamer met die wasmasjien en tuimeldroër is in die motorhuis.

Die hoofslaapkamer en die leef- en eetarea het dubbeldeure wat lei na 'n groot stoep wat op sy beurt lei na die sprankelende swembad. Gaste kan hier uitsigte oor die gholfbaan en tuin geniet. Daar is 'n dammetjie waar die diere graag kom drink en 'n sementboma vir kampvure in die tuin. Romantiese en avontuurlustige gaste sal die Afrika-styl buitebadkamer geniet met sy sementbad, dubbelstort, toilet en wasbak.

Die lodge bied 'n luukse bos-ervaring en dit is naby die wêreldbekende Krugerwildtuin wat ideaal is vir daguitstappies geleë. Gaste kan ook bekostigbare begeleide toere met wildbewaarders reël vir die oggend, middag, halfdag, voldag of sononder. Parkeerplek vir 4 motors word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by 424 on 5th Hans Merensky Golf Estate sluit in:

4 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 424 On 5th Hans Merensky Golf Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 085 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za