LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 44 on Tenth | LekkeSlaap
+32

44 on Tenth

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10de Laan 44, Walmer, Port Elizabeth, 6070, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

44 on Tenth bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde vierslaapkamerhuis in die blaarryke Walmer-woonbuurt in Port Elizabeth. Die perseel word gedeel met 'n onafhanklike kothuis waarin daar 'n volwasse, enkelvrou bly.

Die huis het 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het 'n dubbelbed elk. Die laaste kamer het 2 enkelbeddens. Daar is bad- en stortgeriewe beskikbaar in die huis. Die kombuis het granietblaaie en is 'n oopplan-area met 'n eetarea. Dit lei na die sitarea en 'n binne-braaikamer met stapeldeure om die someraande te geniet. Verder is daar ook 'n TV-kamer op die boonste verdieping met Franse deure wat na die balkon lei wat 'n uitsig oor die tuin het. Franse deure vanaf die sitarea lei na die swembadarea. Die hoofslaapkamer lei ook na die tuin. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus.

Die huis het 'n TV met DStv, WiFi en gaste het oorgenoeg parkeerplek agter elektriese hekke. Sonstoele, sambrele en stoepmeubels verseker dat gaste om die swembad kan kuier.

Die area het 'n ryk voëllewe en het baie uile en loeries wat gereeld gehoor kan word.

Slaapplek

’n Bespreking by 44 on Tenth sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • 10de Laan 44, Walmer, Port Elizabeth, 6070, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10de Laan 44, Walmer, Port Elizabeth, 6070, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmqYuUaimRP40hrBNSmIfa2ESKcMizDnPVQmVSS6PaTySRgbk75?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (plek vir 8) 44 10th Avenue Walmer 6070 Oos-Kaap 086 999 0018 16:00-18:00 10:00 -33.978564224772 25.578365076546
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!