46 Montego Bay Caribbean Estate
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1015 Old National Main Road, R61 Port Edward, , Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
46 Montego Bay is op Caribbean Estate in KwaZulu-Natal geleë. Hierdie selfsorg-vakansiehuis is die ideale bestemming vir die hele gesin en is net 'n entjie se stap vanaf Renniesstrand en 3,8 km vanaf Wild Waves Waterpark.
Dié pragtige huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n solderarea en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde badkamers het elk 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die solderarea het 'n slaapbank vir 2 kinders en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die leefarea beskik oor kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus is. Die kombuis lei na 'n oopplan-sit- en -eetarea met 'n platskerm-TV en oorgenoeg sitplek en gaste kan die pragtige uitsig bewonder. Die sitarea lei na 'n stoep en bied 'n boeiende uitsig oor die see en die strandmeer. Daar is 'n Weber-braai en buitemeubels.
Hierdie huis spog met 'n kroegarea op die boonste verdieping en het oorgenoeg sitplek.
46 Montego Bay is aan die Suidkus geleë en bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite. Gaste kan natuurwandelings, wildkyk, visvang en voëlkyk op die landgoed geniet. Daar is tennisbane, 3 swembaddens, 'n klimraam en swaaie vir kinders. Gaste kan ook luukse spa-behandelings by La Vita Spa geniet. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 97
Resensies 450
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 1015 Old National Main Road, R61 Port Edward, , Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Rennies Beach Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1015 Old National Main Road, R61 Port Edward, , Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal