5 Konings Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

5 Konings Accommodation bied verblyf in 10 smaakvolle en suite-kamers in die Paarl. Dié instansie roem hom op aandag aan detail en vriendelike, persoonlike diens.

Daar is 4 kamertipes by 5 Konings Accommodation.
Die Royal Salute-kamer is 'n ruim kamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Daar is dubbeldeure wat na die tuin lei.

Die Kings Pride-kamer is ruim en beskik oor 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Enkelbeddens kan in 'n koninggrootte-bed omskep word. Die kamer spog met 'n hoë plafon en het 'n klein selfsorg-eenheid.

Die Garden Queen-kamer is ruim en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het 'n hoë plafon en dubbeldeure bied toegang tot die tuin.

Die Penny Royal-kamer is kleiner as die ander kamers, maar het steeds al die geriewe om gaste se verblyf so gemaklik moontlik te maak. Daar is dubbeldeure wat na die tuin lei.

Al die kamers het en suite-badkamers, DStv-hotelpakket, gratis WiFi en lugversorging. Die kamers het ook privaat ingange en gaste het toegang tot die groot stoep onder die wingerdprieel waar hulle 'n koppie koffie of tee, of 'n glas wyn kan geniet.

Daar is ook die Madeira selfsorg-eenheid met 2 en suite-slaapkamers, 'n sitkamer met volledige DStv, 'n braaikamer, 'n ten volle toegeruste kombuis en gratis WiFi.

5 Konings Accommodation het 4 ekstra kamers by hul versameling gevoeg: die Queens Crown-, Student Prince-, Royal Mint- en Lady Grey-kamer wat in 'n aparte gebou oorkant 5 Konings is.

Al die kamers het en suite-badkamers, DStv-hotelpakket, gratis WiFi, lugversorging en veilige parkeerplek. Elke kamer het ook 'n privaat ingang en koffie- en teemaakgeriewe, sowel as toegang tot die kombuis en sitkamer.

Die Royal Mint-kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is deure wat na die tuin lei.

Die Lady Grey-kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort..

Die Student Prince-kamer front noord en beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is deure wat na die stoep en tuin lei.

Die Queens Crown-kamer front noord en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is dubbeldeure wat na 'n stoep en tuin lei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 5 Konings Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za