Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

52 on Fish Hoek

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Simonstadweg 52, Vishoek, 7975, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

52 on Fish Hoek is 'n gastehuis in Vishoek wat smaakvol versier is en pragtige see-uitsigte bied. Dit is stapafstand vanaf Jager's Walk en Vishoek-strand.

Verblyf word in 2 ruim selfsorg-eenhede en 'n gastekamer aangebied. Die selfsorgeenhede het ’n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof en tee- en koffiemaakgeriewe. Die gastekamer het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie en mikrogolfoond.

Al die kamers het ook groot vensterbanke met panoramiese uitsigte oor die see en op die berge. Verder is daar gratis WiFi, TV's met Netflix en lugversorging.

Gaste kan lekker uitspan op die pragtige houtdek wat 'n ononderbroke uitsig oor die see en op die berge het, of kan in die swembad afkoel. Die eiendom strek oor 3 verdiepings waarvan die kamers op verdieping 2 en 3 is. Daar is trappe om na die verskillende verdiepings te beweeg.

Vishoek-strand is een van die veiligste swemstrande in Kaapstad en is daarom gewild vir branderplankry, branderry, lyfplankry, seilplankry en kajakroei.

Kenmerke

Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 38 resensies vir 52 on Fish Hoek
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Simonstadweg 52, Vishoek, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink 52 on Fish Hoek het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Simonstadweg 52, Vishoek, 7975, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA266e8db334ae4832a7d8a0b6c3dc18bbfc05f1c7741fbc70053bd21977077b3e1f2d72395598791ba02391154c72985326b1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 52 Simon's Town Road Fish Hoek 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.142595456285 18.43352035582