LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+10
Selfsorg in Erasmusrand

523 on PolarisPrime picks icon.

Prime picks icon.


3 gaste

1 slaapkamer

3 beddens

1 badkamer

  • Nie-terugbetaalbare tarief is toegepas
  • Gratis kansellasie beskikbaar
  • 3 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 394 Emus Erasmus Avenue, Erasmusrand, Pretoria, 0165, Gauteng Sien kaart

Beskrywing

523 on Polaris is 'n lieflike kothuis in 'n boomryke area in Erasmusrand, Pretoria, wat gaste ruim en gemaklike selfsorgverblyf bied binne maklike bereik van die hoofpaaie en Mediclinic Kloof Hospitaal.

Die kothuis bestaan uit 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die leefarea sluit 'n kinderbank in wat slaapplek bied vir 1 kind. Hierdie kothuis kan gemaklik tot 2 volwassenes en 1 kind onder die ouderdom van 12 akkommodeer.

Die kombuis is oopplan na die leefarea en is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea sluit 'n TV en 'n gemaklike rusbank in wat oopmaak na 'n patio.

Let asseblief daarop dat daar trappe en 'n opdraande paadjie is wat vanaf die parkeerarea na die eenheid lei.

Gratis WiFi, veilige parkering vir 2 voertuie en braaigeriewe is beskikbaar vir gaste tydens hul verblyf.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
TV
Verwarmer
Stroomdienste

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Leefarea

1

1 x Kinderbank vir 1


Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
5.0
Tianca E
Saam met vriende
5.0
Gerieflik! Netjies! Veilig! Waarde vir geld! Pragtig, skoon, netjies. Het al voorheen hier geslaap. Eienaar het ook verbeteringe aangebring deur 2 ver...
Sien meer
Mei 2026
Anton B
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspan in stad. Weereens 'n uitsonderlike plek. Baie rustig en naby alles wat ons nodig gehad het.
Okt 2025
Natasja K
Gesin met klein kinders
5.0
Waarde vir geld! Baie skoon en netjies plekkie. Vriendelike ontvangs. Beveel definitief aan!
Jul 2025
Daleen S
5.0
Gerieflik en alles en nog meer gekry! Vir seker! Netjies, vriendelike en baie behulpsaam! Sal beslis weer daar gaan bly!
Mei 2025
David V
Gesin met klein kinders
4.8
Gerieflik. Die woonstel is baie netjies en skoon, en die parkering lyk veilig. Ons het rustig hier geslaap, en die woonstel is regtig gerieflik geleë ...
Sien meer
Jul 2025

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
5.0
Tianca E
1 nag ⋅ Saam met vriende
5.0
Mei 2026

Gerieflik! Netjies! Veilig! Waarde vir geld! Pragtig, skoon, netjies. Het al voorheen hier geslaap. Eienaar het ook verbeteringe aangebring deur 2 verwarmers in eenheid in te sit tydens koue winteraande. Ons sal voortduur om meer gaste na die pragtige plek te verwys.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Deidré
523 on Polaris
Baie dankie vir jou mooi terugvoer. Dis heerlik om te hoor my gaste waardeer die moeite en verbeterings. Ek hoor graag as daar nog 'n behoefte is wat ons kan aanspreek.

Anton B
1 nag ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

Ontspan in stad. Weereens 'n uitsonderlike plek. Baie rustig en naby alles wat ons nodig gehad het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Deidré
523 on Polaris
Baie dankie, Anton. Gaste soos julle is altyd welkom!

Natasja K
1 nag ⋅ Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2025

Waarde vir geld! Baie skoon en netjies plekkie. Vriendelike ontvangs. Beveel definitief aan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Deidré
523 on Polaris
Baie dankie Natasja. Dis 'n voorreg om jou te kon huisves.

Daleen S
1 nag
5.0
Mei 2025

Gerieflik en alles en nog meer gekry! Vir seker! Netjies, vriendelike en baie behulpsaam! Sal beslis weer daar gaan bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Deidré
523 on Polaris
Baie dankie. Kom kuier asb weer!

David V
1 nag ⋅ Gesin met klein kinders
4.8
Jul 2025

Gerieflik. Die woonstel is baie netjies en skoon, en die parkering lyk veilig. Ons het rustig hier geslaap, en die woonstel is regtig gerieflik geleë vir vinnige toegang tot die N1. As jy egter nie daarvan hou om langs jou bed die toilet te gebruik nie, wees bewus daarvan dat die toilet sonder enige skeiding, muur of deur 'n paar meter van jou bed af staan. Dit is al wat een ster verwyder by 'waarde vir geld'.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Deidré
523 on Polaris
Dankie vir jou terugvoer. Juis die rede vir die oop badkamer, maak ek doodseker my gaste weet vooraf die uitleg. Ons kyk wel na opsies om dit meer privaat te maak met die beskikbare spasie.

Rina P
Kort verblyf
3.8
Jun 2026

Nie te sleg nie. Trappe met geen handreëling. Plek vrek koud. Vloere vuil. Water opgevee. Lap bruin.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Deidré
523 on Polaris
Beste Rina, ek neem kennis van u terugvoer, hoewel ek spyt is dat u verblyf op hierdie noot geëindig het. Dit is korrek dat u die bespreking privaat wou verleng, maar omdat die betalingsreëlings nie suksesvol afgehandel kon word nie, kon ek ongelukkig nie verdere verblyf in die eenheid toataat nie. Dit is jammer dat u aanvanklike positiewe terugvoer met inklok, waarin u gemeld het dat die eenheid baie skoon is en oor al die nodige geriewe beskik, nou so drasties verskil van u huidige persepsie. Wat die eiendom self betref, is die eenheid nie toegerus met 'n handreling nie, aangesien die paadjie en trappe ontwerp is om sonder een toeganklik te wees en gaste van alle ouderdomme dit gewoonlik met gemak navigeer. Indien u die lap in die kas gebruik het wat spesifiek bedoel is om die buitemeubels mee af te vee, is dit moontlik dat daar vlekke was. Vir die gerief en verhitting van ons gaste is die eenheid toegerus met 2 muurverhitters, 2 donskomberse, 2 fleece-komberse en 2 ligte oortreksels, wat gewoonlik meer as voldoende is om 'n eenheid van hierdie grootte vir 1 persoon warm te hou. Gegewe u vroeëre negatiewe opmerkings oor ander gastehuise in die omgewing, het ek dit intussen goedgedink om die betrokke kollegas in die bedryf in te lig oor ons onderskeie ervarings. Ons wens u alles van die beste toe vir u toekomstige reise.

Anton B
Kort verblyf
4.6
Mrt 2025

Rustig privaat veilig. Ek kan die blyplek regtig aanbeveel. Gemaklik, rustig en veilig. Dankie aan die Fosters.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Deidré
523 on Polaris
Baie dankie. Die Fosters het jou kuier by ons geniet! Volgende keer mik ek vir 5/5 vir diens!

Andre H
Kort verblyf
5.0
Aug 2024

Fantasties. 523 on Polaris is ideally situated, clean and perfectly equipped for a comfortable stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Deidré
523 on Polaris
It was a pleasure hosting you. Please visit us again.

Louis M
Kort verblyf
5.0
Jun 2024

Netjies, gerieflik en goeie ligging. Pragtige moderne plek in 'n stil omgewing. Baie goeie ligging. Aangename en behulpsame gasvrou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Deidré
523 on Polaris
Baie dankie, Louis. Dit was voorwaar 'n voorreg om jou te kon huisves.

Sanet E
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Was heerlik. Beveel die plek definitief aan. Baie netjies en skoon. Daar is alles wat jy nodig het. Baie rustig en stil. Heerlik gebly. Sal weer van die plek gebruik maak. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Deidré
523 on Polaris
Baie dankie Sanet. Ek sien uit om julle weer te ontvang!


Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Deidré Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 112

Op LekkeSlaap 6 jaar

Antwoord gewoonlik binne 30 minute

Ligging

Gaste dink 523 on Polaris het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien

© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors


Tariewe en beskikbaarheid


Wat jy moet weet

Inklok Tussen 14:00 en 19:00
Uitklok Voor 10:00
Die vertoonde tariewe is op 'n selfsorgbasis met verhit-en-eet-geriewe. Die geriewe sluit 'n mikrogolfoond en 'n ketel in.

Die eienaars woon saam met hul troeteldiere op die perseel. Gaste-eenhede beskik egter oor privaat ingange en toegewyde ruimtes met geen kontak tussen gaste en die inwonende troeteldiere nie.
Onderhouds- en tuinpersoneel mag toegang tot gemeenskaplike tuinareas en parkeerplekke hê.
Rook is streng verbode op die perseel. Gaste wat hierdie beleid oortree, sal onderhewig wees aan 'n bykomende boete.
Oondgeriewe is beskikbaar op aanvraag en teen 'n bykomende koste, onderhewig aan vooraf reëling.
Wasgoeddiens is beskikbaar teen 'n bykomende koste, met vooraf reëling.
Alle gaste se ID-dokumente, sowel as die voertuigregistrasienommer, sal vir sekuriteitsdoeleindes geverifieer word.

Nie-terugbetaalbare tarief is toegepas

Hierdie prys sluit 10%-afslag in en is nie terugbetaalbaar indien jy kanselleer nie. Jy kan 'n terugbetaalbare opsie by die betaalpunt kies.

Indien jy die terugbetaalbare opsie kies, sal hierdie kansellasiebeleid van toepassing wees:

Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
Meer as 1 week voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 48 uur voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 48 uur voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Sien minder

Vanaf R720
R720 R648
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Ekstra 10% af - nie-terugtaalbare tarief  
Vanaf R720
R720 R648
per nag (plek vir 3)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R720
R720 R648
per nag (plek vir 3)
Bespreek

394 Emus Erasmus Avenue, Erasmusrand, Pretoria, 0165, Gauteng

Sien kaart
  • Gratis kansellasie beskikbaar
  • 3 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://properties.cdn.tripco.co.za/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA53964dc15f04324282022db02abf146a6207dd44fd832b64e64fa4a6d375df47f056d41ade273c6ccca0b159d5303af5d8a3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R720 nouVanaf R648 per nag (plek vir 3) 13 5 1 5 394 Emus Erasmus Avenue Erasmusrand 0165 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.817745685156 28.252210865641
Soek in 'n groter streek