63 Whale Rock Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

63 Whale Rock Estate is 'n selfsorgwoonstel wat ten volle ingerig is met moderne toebehore. Dis 3 km vanaf die middedorp en dis op die grondvloer van 'n stil, seefrontkompleks met 24 uur-sekuriteit. Dis baie naby 'n rotspoel, strand en kranspaadjie vanwaar jy kan walviskyk. Dis ook loopafstand vanaf die nuwe hawe met restaurante en kroeë.

Dié grondvloerwoonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer beskik oor 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, ketel, broodrooster, 'n skottelgoedwasser en al die nodige toebehore en breekware in. Die leefarea het 'n platskerm-TV en dit maak oop op die stoep. Verder het die woonstel gratis WiFi en veilige parkeerplek.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by 63 Whale Rock Estate sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 63 Whale Rock Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za