7 Fleur Park

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fleur Park No. 7 is deel van die Fleur Park Vakansieoord in die bekoorlike dorpie Gordonsbaai. Dis direk oorkant Harbour Island en sy lewendige marina-atmosfeer geleë. Jy het 'n wye verskeidenheid restaurante om van te kies en te keur, met iets vir elkeen se smaak, stapafstand vanaf die kothuis.

Die eenheid het 2 slaapkamers en bied slaapplek vir tot 5 mense op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed. Albei kamers het 'n volledige en suite-badkamer. Die kombuis is volledig toegerus met alle huislike geriewe en toebehore en 'n ontbythoekie. Die oopplan-leefarea het 'n strandstyl-sitkamer en -eetarea met 'n slaapbank vir 1 ekstra persoon.

Vir daardie bekoorlike somersaande is daar 'n beskutte onderdakbraaiplek met sitplek vir 6 gaste. Bring asseblief jou eie braairooster en -geriewe. Die veranda bied 'n beeldskone uitsig oor die see.

Die rotse bied die ideale visvangplek en is slegs 'n hanetreetjie vanaf die kothuis. Daar is verskeie doendinge in die omgewing, alles slegs 'n paar minute se ry vanaf Fleur Park. Die eenheid is sowat 20 m van die strand af.

Slaapplek

'n Bespreking by 7 Fleur Park sluit in:

2 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 7 Fleur Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za