74 on Marine - Apartment 102

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Woonstel 102 is 'n luukse grondvloerwoonstel op die seefront met asemrowende uitsigte oor Walkerbaai en die berge. Natuurliefhebbers sal veral dol wees oor ons oulike plekkie. Die selfsorgwoonstel is stapafstand van meeste restaurante en besienswaardighede af.

Die woonstel is ruim en het 2 slaapkamers, elk met sy eie volledige en suite-badkamer. Die hoof-suite het 'n koninggrootte-bed en asemrowende see-uitsigte. Die tweede suite het 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers en die leefarea het 42" plasmaskerm-TV's en lugversorging.

Ander geriewe sluit in: 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, wasmasjien en skottelgoedwasser. Daar is 'n gemaklike leefarea met 'n eetarea. Die leefarea het 'n 42" plasmaskerm-TV, DVD/CD-speler en DStv/satelliet. Daar is ook 'n groot balkon met uitsigte oor die see en berge en dit is perfek vir walviskyk van Julie tot November. Daar is ook 'n gasbraai op die balkon.

Twee veilige onderdakparkeerplekke is beskikbaar en hulle het toegang tot die woonstel via 'n hysbak. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en ADT-sekuriteit. Die volledig gemeubileerde woonstel is perfek vir gaste wat op soek is na luukse selfsorgverblyf in die hartjie van die walviskykdorpie Hermanus.

Slaapplek

'n Bespreking by 74 on Marine - Apartment 102 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 74 On Marine - Apartment 102 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 990 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za