A Boat House
Beskrywing
A Boat House is 4-ster-verblyf met skeepstema direk bo Simonstad geleë en spog met die mooiste uitsig oor die vlootbasis en seiljagklub. A Boat House is ook perfek geleë vir dolfyn- en walviskyk. Die ligging bied ook skilderagtige uitsigte oor die see en berge. Dit is volledig toegerus, elegant gemeubileer en bied unieke suites met 'n badkamer, kombuis en privaat ingang.
A Boat House het 6 pragtige kamers met 'n seevaart-tema met sagte blou- en wit skakerings. Al die kamers spog met daardie pragtige uitsigte vanaf hulle privaat balkonne, gratis WiFi, platskerm-TV, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Volle Engelse- en Kontinentale ontbyt word elke oggend bedien.
A Boat House word deur die eienaars, Therese en Ludwig, bestuur wat alles in hulle vermoë sal doen om aan gaste 'n wonderlike verblyf-ervaring te bied. Ontdek die dorpie deur rustig deur die strate te wandel, besoek Boulders-strand se pikkewyne, hokduik saam met haaie, ontspan by die seiljagklub of langs die binnenshuise sonverhitte swembad.
Kaapstad is 'n wêreldbekende toerismebestemming en die omliggende besienswaardighede sluit in: bootritte, walviskyk, Kaappunt Volstruisplaas, Constantia se Wynroete, Kirstenbosch Tuine en Stellenbosch se Wynroete.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na A Boat House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |