African Spirit Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

African Spirit Game Lodge is in die Manyoni Privaat Wildreservaat in KwaZulu-Natal geleë. Dit het die Lebombo-bergreeks as agtergrond en is net 12 km van Mkuze af. Kom ervaar ware luuksheid en hartlike Afrika-gasvryheid hier by ons!

Verblyf by die lodge is intiem en word aangebied in 4 bekoorlike chalets wat skoongemaak word tydens jou verblyf. Elke gerieflike en stylvolle chalet het slaapplek vir 2 gaste met 'n en suite-badkamer, lugversorging, 'n plafonwaaier, 'n yskassie met voorraad en tee- en koffiemaakgeriewe. Let asb. daarop dat ons nie TV's in die kamers voorsien nie.

Die lodge se selfsorg-eenhede is gerieflik en het onderskeidelik slaapplek vir 6 en 4 persone. Hulle is volledig toegerus met oopplan-kombuise wat elk beskik oor 'n stoof, mikrogolfoond en yskas-vrieskas. Linne, beddegoed, badhanddoeke, kooktoerusting, breekware en 'n redelike hoeveelheid kaggelhout word voorsien. Etes word nie in die selfsorg-eenhede voorsien nie. Gaste moet asb. hul eie eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Maaltye word nie voorsien vir hierdie opsie nie. Gaste moet hul eie maaltye voorsien en voorberei. Maaltye word nie voorsien by die restaurante aan gaste wat selfsorgverblyf verkies nie.

Die paadjies is goed belig en skakel die chalets aan die hoof-lodge. Die hoof-lodge het 'n gerieflike en ontspanne eetkamer, 'n knus sitkamer, 'n kroeg, oop kaggel geheg aan die lodge en 'n swembad met 'n grasdak-gazebo. Ons bied waarlik 'n welkome toevlugsoord na 'n dag in die Afrika-bosveld.

Die etes wat ons voorsien is tipies Suid-Afrikaans wat beteken dat jy nooit honger sal wees nie en elke happie sal geniet wat so sorgvuldig deur ons sjefs voorberei word. Gaste kan bietjie ontspan in hul eie privaatheid of deelneem aan enige van die doendinge in die omgewing, vir hul eie rekening.

Ons bied 'n oggend- en middag-wildrit wat jou sal toelaat om baie na aan Afrika se wild te kom, in 'n oop voertuig met 'n opgeleide gids. Die gids verseker nie net jou veiligheid nie, maar maak ook seker dat jou wild-ervaring onvergeetlik is. Wildritte met jou eie voertuig word nie toegelaat nie.

Manyoni Privaat Wildplaas is 'n bewarea van 24 000 hektaar vir bedreigde spesies. Dit is onlangs as natuurreservaat verklaar en het internasionale erkenning verwerf na dit 28 swartrenosters in 2005 ingebring het. Dié Groot 5-reservaat beskik oor meer as 70 soogdierspesies insluitend: olifant, leeu, wit- en swartrenoster, buffel, luiperd, wildehond, gevlekte hiëna, strandwolf, jagluiperd, vaalboskat, rooikat, rooijakkals, kameelperd, sebra, blouwildebees, njala, rooibok, rietbok, vlakvark, waterbok, bosvark, rooi- en gewone duikers, steenbok, bosbok, rooiribbok, volstruis, rooihartebees en meer as 450 voëlspesies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na African Spirit Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 265 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za