African Violet Guest Suites

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 5 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

African Violet bied uitsigte oor die Noordhoek-vallei en die Atlantiese Oseaan. Die verblyf is ideaal vir paartjies of klein groepe.

Die pragtige tuin kyk noord en daar is 'n rotspoel asook 'n onderdakstoep waar jy luilekker in die son kan lê en bak op 'n sonstoel, of in die skaduwee teug aan 'n heerlike skemerkelkie. Weber-braaigeriewe is beskikbaar. Veilige parkeerplek op die perseel word ook voorsien agter 'n afstandbeheerde hek, sowel as parkeerplek in die straat.

Verblyf word aangebied in 6 luukse selfsorgwoonstelle. Elke goed toegeruste woonstel is privaat en het 'n buite-area. Perkallinne en donsige badhanddoeke word voorsien en ander geriewe in die kamer sluit in: gratis WiFi-internettoegang, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe. Die wittebrood-suite het 'n gas-kaggel, privaat swembad en Jacuzzi-bad.

African Violet Guest Suites is goed geposisioneer met 'n uitsig oor die Noordhoek-vallei, vanwaar gaste die nabye besienswaardighede soos Kaappunt, Tafelberg, die V&A Waterfront, Robbeneiland, Kirstenbosch en die Kaapse Wynlande kan besoek. Die strande is ook net 'n 10 minute motorrit ver.

Dis die ideale winterwegbreek met die Terrassuite of Binnehofsuite met kaggels.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na African Violet Guest Suites gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 R765 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 5 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]