Agapanthus Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Agapanthus Holiday Home is in die pragtige Brenton-on-Sea in Knysna geleë. Dit is 'n rustige plek waar jy en jou geliefdes kan wegbreek van die druk van die alledaagse lewe.

Hierdie selfsorghuis het slaapplek vir 6 gaste en het 3 slaapkamers en 2 badkamers waarvan 1 en suite is. Die oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer lei na 'n dek met pragtige see-uitsigte. Die unieke dekor skep 'n vrolike atmosfeer wat jou herinner dat jy by die strand is.

Dit is ideaal vir paartjies en families en naby die strand en net 'n paar treë van die bekoorlike Fisherman's Wandelpad af. Gaste kan op die stoep ontspan met 'n koue drankie of in die snoesige bed wegkruip op 'n koue dag. Dit sal jou als help om 'n lekker ruskans te vat.

Die inheemse tuin met sy oorvloedige voëllewe word ook gereeld besoek deur bosbokke en tarentale. Agapanthus is net 'n kort, skilderagtige entjie se ry vanaf die gewilde Knysna se middedorp en heelwat ander wonderskone plekke van belang.

Slaapplek

'n Bespreking by Agapanthus Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Agapanthus Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za