Albion Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Albion Manor bied gerieflike B&B in Morningside, Durban. Die gastehuis se ligging is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers, en is 5 km van die middestad af. Albion Manor is stapafstand vanaf Mitchellpark, en net 4 minute se ry vanaf Floridaweg met straatkafees, restaurante en kroeë.

Daar is 5 gastekamers en elke kamer het lugversorging, 'n TV met OpenView-kanale en 'n DVD-speler, gratis beperkte internet, yskassie, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n lessenaar. Gaste het gratis toegang tot 'n DVD-biblioteek. Kamers word daagliks skoongemaak en wasgoedgeriewe is op versoek beskikbaar.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel, swembad en 'n gastesitkamer met 'n kroeg. Die eiendom het 'n elektriese heining en geslotekringtelevisie. Trekpleisters in die omgewing sluit The Stables Leefstylmarkie, Moses Mabhida-stadion, uShaka Marine World en Durban se kus in.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Albion Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 R1 148 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za