Kampsbaai Akkommodasie by Alexander Beach House | LekkeSlaap
+30

Alexander Beach House

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strathmore-laan 11A, Kampsbaai, Kaapstad, 8040, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Alexander Beach House is 'n moderne woonstel met lieflike uitsigte oor die Atlantiese Oseaan en die bekende strand van Kampsbaai. Die woonstel is gerieflik geleë, stapafstand van Kampsbaai-strand en 'n verskeidenheid kroeë en restaurante.

Die moderne woonstel het 2 slaapkamers, een met 'n koninggrootte-bed en een met 'n dubbelbed, wat elk beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die hoofslaapkamer het 'n stort en 'n bad. Gaste kan lieflike uitsigte vanaf albei kamers se privaat balkonne geniet. Die hoofslaapkamer het lugversorging en daar is plafonwaaiers regdeur die woonstel sodat jy heerlik koel sal bly in die somer. Die woonstel het ook 'n kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg en uitsigte oor die see bied. 'n Wasmasjien en tuimeldroër word ook voorsien, asook 'n Nespresso-masjien. Die eetarea is by die kombuis en die leefarea is ingerig met 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n klankstelsel. WiFi is beskikbaar.

Gaste kan hul eie gaste onthaal, of net heerlik ontspan op die privaat balkon wat uitkyk oor Kampsbaai se strand. Skoonmaakdienste is beskikbaar en veilige parkeerplek van die straat af word voorsien. Die woonstel het ook 24 uur-sekuriteit vir ekstra gemoedsrus.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Alexander Beach House
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Strathmore-laan 11A, Kampsbaai, Kaapstad, 8040, Wes-Kaap
  • Gaste dink Alexander Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strathmore-laan 11A, Kampsbaai, Kaapstad, 8040, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJhMTQ3NDdhLWNkNDctNDFhOC1hNTAxLTNjZWUzMTkxMTdkOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 11a Strathmore Lane Camps Bay 8040 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-00:00 10:00 -33.94822777526 18.379086044775
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za