Warner Beach Akkommodasie by Algarve | LekkeSlaap
+13

Algarve

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gus Brown-weg 13, Warner Beach, Kingburgh, 4140, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Algarve is in Warner Beach geleë en bied selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel met pragtige see-uitsigte. Die woonstel is in 'n kompleks wat stapafstand van die strand af is en die kompleks beskik oor 23 woonstelle met 2 woonstelle op elke verdieping.

Die woonstel het 2 balkonne aan die voorkant wat see-uitsigte bied, en 'n balkon aan die agterkant met 'n uitsig op die heuwels. Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Een van die badkamers is en suite en het 'n stort. Die woonstel het ook 'n oopplan-kombuis, -leefarea en eetarea, en het 'n see-uitsig. Daar is 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Alle eetgerei, kookgerei en linne word voorsien. Gaste moet asseblief hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Daar is genoeg parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel. Warner Beach is tussen Amanzimtoti en Scottburgh geleë en is 'n gewilde bestemming vir branderplankry. Die strand is gewilde plek vir vlieërbranderry kyk en om die sonsondergang te aanskou. Daar is ook lewensredders aan diens in die seisoentyd. Warner Beach het 'n natuurlike getypoel en inwoners en besoekers drom elke Junie en Julie by die strand saam om die jaarlikse sardientjieloop te aanskou.

Slaapplek

’n Bespreking by Algarve sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Gus Brown-weg 13, Warner Beach, Kingburgh, 4140, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 7)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gus Brown-weg 13, Warner Beach, Kingburgh, 4140, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAo3LEan1GG3sqOBF7KAhtlRpum97ipl0G58x878zaNNzWrsQvUY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 7) 13 Gus Brown Road Warner Beach 4140 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -30.079670703873 30.867346635582
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za