Aller Park Selfsorg-eenhede

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aller Park is op 'n beesplaas net buite Ladysmith in KwaZulu-Natal geleë en bied gerieflike verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers wat op pad is na hul bestemming.

Die verblyf beskik oor 4 volledig toegeruste selfsorg-eenhede. Die eenhede is gerestoureerde kliphuise wat elkeen 'n privaat ingang en ruim parkeerplek het. Elke eenheid is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die eenhede het ook gemaklike sitplek en 'n TV met DStv-kanale vir gaste se vermaak. Verder is daar privaat badkamers in al die eenhede met storte, toilette en wasbakke.

Die eenhede verskil in grootte en bied elkeen slaapplek vir 2 tot 5 gaste op 'n slag.

Die middedorp is ongeveer 6 km van die plaas af en daar sal gaste toegang tot alle geriewe, insluitende winkels en restaurante, geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aller Park Selfsorg-eenhede gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false