LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Almondbury Cottage | LekkeSlaap
+20

Almondbury Cottage

1 resensie
Selfsorg
Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Nov 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Almondbury-laan 3, Tokai, 7945, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 R2 125 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Almondbury Cottage bied gerieflike selfsorg-verblyf in 'n pragtige, opgeknapte vakansiehuis in Zwaanswyk. Die dubbelverdiepingkothuis word omring deur amandelbome en daar is 'n omheinde tuin en swembadarea.

Die kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die boonste hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste kan die Suidelike Voorstede se liggies in die aand geniet. Die tweede kamer bo is in 2 dele verdeel. Die eerste deel het 'n enkelbed en dis ideaal vir 'n kind. Die ander deel is 'n studeer-area met toegang tot die internet en WiFi. Die onderste hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en natuurlike lig. Die kamer het ingeboude kaste vir ekstra spasie.

Die kothuis het ook 'n ten volle toegeruste oopplan-kombuis met 'n Nespresso-koffiemasjien, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, wasmasjien, strykplank en 'n strykyster. Die kombuis is langs die eetarea en sitkamer wat toegang tot die tuin en swembad bied. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en die badkamer het 'n dubbelwasbak-eenheid, stort en 'n bad.

Zwaanswyk is 'n semi-sekuriteitslandgoed en die kothuis het 'n alarm vir ekstra sekuriteit. Geniet pragtige wandel-, voetslaan- en bergfietsroetes. Die ligging bied ook toegang tot bekende wynplase, goeie restaurante, gholfbane en Blue Route Mall. Muizenberg se strand is net 10,4 km weg en is 'n gewilde plek vir branderplankry en St James-strand met die getypoel is 11,7 km weg.

Slaapplek

’n Bespreking by Almondbury Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed Kinderbedjie
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbedjie
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Almondbury Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Almondbury-laan 3, Tokai, 7945, Wes-Kaap
  • Gaste dink Almondbury Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 500
Vanaf R2 125
per nag (plek vir 5)
was R2 500
Vanaf R2 125
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Almondbury-laan 3, Tokai, 7945, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZlXqK5Q98cp5rSQdHNrPEtlnh7XJa79t1E7j2RU5GADfm0fNTa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 500, nou Vanaf R2 125  per nag (plek vir 5) 1 5 1 5 3 Almondbury Lane Tokai 7945 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -34.068020006352 18.41230364418
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!