Aloe Ridge B&B
Beskrywing
Aloe Ridge B&B is in 'n rustige voorstad genaamd Gillitt geleë. Dié unieke huis het 'n Afrika-atmosfeer en straal karakter uit. Die kamers is ingerig om jou moeë siel te verkwik. Dis 30 minute se ry vanaf Durban en 15 minute vanaf Pinetown en Westmead geleë.
Kom ontspan in die rustige omgewing wat jou sal help wegbreek van die stad se rumoer. Hier by ons sal jy naby die natuur kan wees en bederf word met ouwêreldse gasvryheid en die ideale ligging. Daar is aalwyne, akasias en 'n rots-swembad op die perseel wat tot die rus en vrede bydra. Geriewe in die kamer sluit gemaklike beddens, 'n en suite-badkamer, tee- en koffiemaakgeriewe, verwarmers, waaiers en 'n lessenaar in.
Geriewe op die perseel sluit veilige parkeerplek van die straat af, gratis WiFi, volledige DStv in die sitkamer, 'n dek vir rokers, wasgoeddiens, 'n swembad en bad-
en swemhanddoeke in. 'n Lughawependeldiens kan gereël word, drukker-, faks- en fotostaatgeriewe is beskikbaar en 'n kinderoppasdiens is op versoek beskikbaar.
Toere kan gereël word na nabygeleë bestemmings, aandetes kan op versoek gereël word en klein troeteldiere is welkom.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Aloe Ridge B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |