Aloes Country Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aloes Country Inn is teen die voet van die Elandsvallei-heuwels aan die oewer van die Elandsrivier naby Waterval-Onder geleë. Dit is werklik die poort na die Laeveld, omring deur die skoonheid van 'n unieke natuurlike omgewing.

Gehalte-kamers met gemaklike beddens en asemrowende uitsigte oor die Elandsrivier en -vallei maak jou verblyf een vir die boeke. Ons het 4 selfsorg-eenhede en 4 dubbelkamers wat almal en suite-badkamers het. Ons het eenhede wat ingerig is vir gestremde gaste. Die kamers is ontwerp om jou koel te hou op die warmste dag met 'n veranda met skaduwee waar jy kan ontspan en die uitsig kan bewonder.

Ons kombuis berei op versoek maaltye voor en ons het ook braaigeriewe as jy eerder buite wil kuier. Ons volledig toegeruste kroeg, The Hillbilly Bar, is die ideale plek om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet nadat jy heel dag die omgewing verken het. Ons het ook 'n unieke speelterrein vir kinders.
Ons kan ook voorsiening maak vir die enkelreisiger, paartjies of groepe en doen op versoek spyseniering vir groot byeenkomste, troues en verjaarsdagpartytjies.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aloes Country Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false