Altyd Lekker

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Altyd Lekker bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n oopplan-kothuis in Beaufort-Wes, die oudste en grootste dorp in die Groot-Karoo.

Hierdie oopplan-kothuis het slaapplek vir 5 gaste en bestaan uit 'n dubbelbed en enkelbed, 'n badkamer met 'n stort, eetkamertafel en stoele, 'n slaapbank vir 2 kinders en 1 volwassene en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof, ketel en broodrooster. Die kothuis is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale. Gaste kan gerus die swembad in die pragtige tuin gebruik en het ook toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek.

Die dorp Beaufort-Wes is 'n geskiedkundige eko-toerismebestemming in die Wes-Kaap wat bekend staan as die hoofstad van die Karoo. Bekende hartchirurg Professor Chris Barnard word in die plaaslike museum vereer. Hy het groot geword in Beaufort-Wes en sy pa was 'n minister in die Neder-Duits Gereformeerde Kerk. Beaufort-Wes se besienswaardighede sluit Beaufort-Wes Museum, Christian Barnard Museum, donkiekarritte en die Karoo Nuweveld 4x4-roete in. Bergplaats Wildreservaat is ook naby en bied wildritte, saalsafari's en bergfietsroetes.

Slaapplek

'n Bespreking by Altyd Lekker sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

Badkamer

  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Altyd Lekker gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 R900 per nag (vir 5 mense)

Kry 10% af. Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false