Amanzimtoti Ultimate Seaview Vacation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Amanzimtoti Ultimate Seaview Vacation is 'n luukse selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in Amanzimtoti. Dit is naby die strand en bied 'n lieflike uitsig oor die see. Amanzimtoti is een van die gewildste vakansiebestemmings langs Kwazulu-Natal se suidkus, is sowat 25 km vanaf Durban se middestad en bied gerieflike toegang tot verskeie plekke en doendinge in en rondom Durban.

Ons is in Kusweg geleë, 'n buurt wat 'n groot verskeidenheid doendinge bied, soos restaurante, 'n inkopiesentrum, kroeë, 'n waterpark, swembaddens, 'n vermaaklikheidsentrum en 'n strandmeer. Die hoofstrand is ideaal vir swem en visvang en die getypoele krioel van seediertjies en -plante. Ontspan met 'n koue bier of roomys op die strand wyl jy toekyk hoe kinders vlugbal speel. Die Galleria Mall is slegs 1,5 km van ons af en bied ideale doendinge vir reënerige dae, soos inkopies, ysskaats, flieks, Bingo, kegelbal en 'n vermaakarea met 'n verskeidenheid speletjies.

Die woonstel het slaapplek vir 8 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n moderne oopplan-kombuis, -eetare en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n plafonwaaier. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n plafonwaaier. Die derde slaapkamer het 'n stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Daar is ook 'n enkelbed op die toegeboude patio langs die leefarea.

Die moderne kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en alles wat jy sal benodig om 'n maaltyd of braai voor te berei. Daar is 'n tafel met 6 stoele in die eetarea en 'n groot platskerm-TV met DStv in die sitkamer.

Die kompleks beskik oor gemeenskaplike ingeboude braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel. Die gebou het 'n hek wat toegang verleen tot 'n 150 m-lange paadjie wat na die hoofswemstrand lei.

Slaapplek

'n Bespreking by Amanzimtoti Ultimate Seaview Vacation sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amanzimtoti Ultimate Seaview Vacation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false