Amber Collection
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lesedi-straat 160, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 180 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Amber Collection is op 'n klein, veilige landgoed, The Ambers, in Dullstroom. Dit bied gehalteverblyf aan vakansiegangers en sakereisigers en is naby talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.
Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede.
Amber View is 'n huis met 3 slaapkamers en slaapplek vir 6 gaste. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Dit het ook 'n oopplan-leefarea met 'n eetarea, sitarea en 'n kombuis. Die stoep spog met 'n ingeboude braai met 'n braaiplek en sitplek, asook 'n ontspanningshoekie met 'n hangmat. Die stoep het groot aluminium-stapeldeure wat lei na 'n houtdek waar gaste heerlik kan ontspan.
Amber Loft is 'n oopplan-ateljeewoonstel met 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die leefarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV. Verder is daar 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is. Die kamer het ook genoeg pakplek, 'n spieëlkas, en voldoende kragpunte, insluitend 'n USB-laaipunt.
Amber Rest is 'n tuinkothuis en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die leefarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV, en 'n eetarea waar gaste kan eet. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.
Daar is veilige parkeerplek op die perseel.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Sonja Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 154
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Lesedi-straat 160, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Amber Collection het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dullstroom Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lesedi-straat 160, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom