AnnVilla Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

AnnVilla Guest House is naby die N12-Skatkisroete wat strek vanaf Johannesburg tot by Kaapstad via Kimberley. Ons groot, omheinde perseel skuil in 'n woonbuurt en ons kamers is noukeurig ingerig om al ons gaste tuis te laat voel.

Ons 16 gastekamers is gerangskik rondom 2 binnehowe genaamd King's Court en Queen’s Court (die name verwys hoofsaaklik na die grootte van die beddens). Kamertipes sluit gesinskamers, 'n rolstoelvriendelike kamer en selfsorgkamers in.

Al ons kamers is ruim en knap uitgelê. Die dekor is Klassiek-Modern, elegant, stylvol, die pastelkleure is gedemp, en die meubels is van 'n goeie gehalte. Die kamers het gerieflike werktafels en genoeg lig so dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.

Gedurende die week word 'n stewige ontbyt-buffet voorgesit. 'n Vinnige ontbyt is beskikbaar, op versoek vooraf, vir diegene wat vroeg uit die vere moet wees. (Ons sit dit in die yskas in jou kamer). Aandete is beskikbaar op versoek gedurende die die lente en die somer (dit moet bespreek word).

Die Victoriaanse hoofhuis se eetkamer is semi-oopplan, en daar is 'n informele sitkamertjie met 'n kroegie wat lei na die konferensielokaal wat ten volle toegerus is. Die antieke meubels, erfstukke, kroonkandelare, oorspronklike skilderye, en kwilte sorg vir 'n weelderige atmosfeer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na AnnVilla Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 210 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]