Ant’s Nest
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2de Straat 3, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R7 985 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
Ant’s Nest is 'n luukse vakansiehuis met 'n plaasstoep wat 'n lieflike uitsig oor die swembad en privaat tuin bied. Dié kunsliefhebbersparardys is in Voëlklip geleë, net 'n entjie se ry vanaf Hermanus se middedorp, en spog met lekker kuierplek binne en buite.
Die hoofhuis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers en die aparte kothuis het 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer op die eerste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, instapkas, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer op die grondverdieping het 'n koningingrootte-bed en die badkamer langsaan het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer is oorkant die gedeelde badkamer en het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die vierde en vyfde slaapkamer is op die eerste verdieping en dié gaste deel 'n aparte TV-kamer wat ideaal is vir kinders. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 'n stapelbed wat ook vir volwassenes geskik is. Die gedeelde badkamer by die TV-kamer het 'n ruim stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die sesde slaapkamer in die kothuis agter in die tuin het 'n koningingrootte-bed en is ideaal vir 'n fliekaand, want dit het ook 'n slim-TV. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Hierdie kamer kan ook as 'n waskamer dien. Skoon linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis, eetarea, sitarea met 'n kaggel en dit lei na die stoep. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en 'n Nespresso-koffiemasjien toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser in die aparte opwaskamer.
Die onderdakstoep het 'n ingeboude braai, etenstafel en 'n gemaklike sitarea. Daar is ook gratis WiFi, 'n TV met die volle DStv-pakket en Netflix. Veilige parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar.
Die huis bied toegang tot strande, restaurante, kunsgalerye en koffiewinkels. Dit is ook naby die strandmeer en pragtige stap- en bergfietsroetes.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 49
Resensies 24
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 2de Straat 3, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2de Straat 3, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang