Arabella No. 7

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Arabella No. 7 is deel van 'n veilige kompleks wat bestaan uit 8 eenhede en teen die Margate-strandmeer geleë is. Dié luukse woonstelle is pragtig ingerig en bied ongelooflike see-uitsigte van die sitkamer en veranda af.

Die woonstel het 3 slaapkamers en daar is slaapplek vir 6 gaste. Al 3 slaapkamers beskik oor 'n dubbelbed en sommige kamers het ook plafonwaaiers. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die eenheid beskik ook oor 'n oopplan-sitkamer en -eetkamerarea. Die sitkamer het lugversorging. Buite is daar 'n veranda met skuifdeure en 'n Weber, so dis die perfekte plek om skemerkelkies te geniet of te braai. Die ongelooflike see-uitsig vervolmaak die vakansie-ervaring.

Hierdie eenheid word daagliks skoongemaak en gedurende die skoonmaakdiens word beddens opgemaak, vloere gevee, badkamers asook die braai skoongemaak. Die skoonmakers sal jou ook met aankoms verwelkom om te verseker dat jou verblyf glad verloop. Die kompleks is heeltemal ommuur en daar is outomatiese hekke. Daar is 1 toesluitmotorhuis en 'n oop parkeerplek in die kompleks. Let asb. daarop dat dit net geskik is vir 'n klein voertuig.

Gaste kan gebruik maak van die munisipale swembad wat naby die eenheid geleë is. Die eenheid is ook naby winkels en restaurante in die middel van Margate geleë. Die kompleks is baie sentraal geleë, so as jy 150 m op die voetpaadjie voor die kompleks stap, sal jy by die hoofstrand uitkom.

Slaapplek

'n Bespreking by Arabella No. 7 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Arabella No. 7 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false