LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Ardmore Guest Farm | LekkeSlaap
+42

Ardmore Guest Farm

Gastehuis
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 6 Jan 2022 tot 20 Mrt 2022.

  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ardmore Guest Farm, , Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 170 R1 953 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ardmore bied rustige plaasstyl-verblyf wat aandete en ontbyt bedien. Hier is altesaam 17 eenhede, party is oorspronklike grasdakrondawels en die ander is meer moderne eenhede met 'n pragtige berg-uitsigte. Al die eenhede het 'n en suite-badkamer en is toegerus met waaiers, koffie- en teemaakgeriewe en houtvuurkaggels.

Elkeen van ons eenhede het 'n en suite-badkamer met 'n Jacuzzi spa-bad en 'n kaggel. Daar is ook 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe in elke kamer.

Jy het ook die voorreg om wakker te word met 'n stywe tradisionele plaasontbyt, 'n Engelse ontbyt wat geniet word saam met die uitsigte oor Ardmore se reuse tuin. Versnaperinge en drankies kan ook geniet word in ons teetuin. Aandete is ook beskikbaar - 'n plat-op-die-aarde viergang-maaltyd word bedien in ons geelhoutkamer met sy glasmure, die drag is informeel. Koffie en tee word na ete in die sitkamer bedien by die heerlike kaggel (gedurende die winter en koue aande). Daar is ook 'n gesellige kroeg waar gaste voor of na aandete 'n drankie kan geniet.

Daar is 'n swembad op die plaas asook 'n plaasdam met swartbaars. Daar is ook 'n paar bergfietsroetes vir die avonturiers. Verder is daar 'n plaaslike handwerkwinkel met Amangwe-kralewerk en -mandjies, en African Loom waar jy kan sien hoe weefwerk daagliks gedoen word. Daar is ook 'n galery waar die Internasionale Ardmore keramiekwerk uitgestel word.

'n Gratis stapel hout word daagliks voorsien.

Ander doendinge in die Champagne Vallei sluit in: 'n verskeidenheid staproetes, 2 gholfbane binne 15 minute vanaf Ardmore, tennisbane, riviervlotvaarte, boomtoptoere, vierwielmotorfietsry, voëlkyk, forel- en swartbaarshengel asook perdry. Verder kan jy besoek aflê by die Spioenkop Slagvelde, plaaslike rotskuns gaan bewonder of besoek Spioenkop Wildreservaat waar jy 'n saalsafari tussen die renosters en kameelperde kan geniet, gaan luister na die Drakensberg Seunskoor, sien 'n valkenier in aksie, besoek die Tugela-valle of ry in 'n helikopter. Dit is maar net 'n paar van die doendinge in die omgewing.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Piekniek-middagete

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 21 resensies vir Ardmore Guest Farm
Netheid
4.2/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Ardmore Guest Farm, , Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ardmore Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 170
R2 170 R1 953
per nag, vir 2 mense
Vanaf R2 170
R2 170 R1 953
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ardmore Guest Farm, , Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU1OTQzYTMyLWI4MzctNGZkNi05MjAyLWMzZGVkNmFjN2QyYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 170, nou Vanaf R1 953  per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 Ardmore Guest Farm Champagne Valley 3340 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.01317182722 29.491623044014
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!