Amathole-distrik Akkommodasie by Areena Riverside Resort | LekkeSlaap
+53
+53

Areena Riverside Resort

Oord
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 78 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Schaffli-weg en die afdraai na Glen Gariff, Kwelera, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Areena Riverside Resort is aan die oewer van die Kwelera-getyrivier, 23 km oos van Oos-Londen se stadskern aan die begin van die Wildekus, geleë. Ed en Karen Rathbone se droom om 'n unieke gesinsoord te skep het sowat 30 jaar gelede waar geword en het sedertdien van krag tot krag gegaan. In 2004 is hierdie karavaanpark aangewys as Suid-Afrika se top-oord en dit het 'n toevlugsoord geword vir families wat gehaltetyd in die natuur wil spandeer.

Areena is 'n 4-ster en AA "Superieur" selfsorg-verblyfplek waar jy kan wakker word met die roep van Visarende in die verte. Ons het 'n groot verskeidenheid akkommodasie-opsies: luukse, volledig toegeruste gesinskothuise, rondawels, hout-chalets en dubbel en suite-eenhede. Al ons eenhede is volledig toegerus en linne en handdoeke word voorsien. Die onderskeie eenhede bied slaapplek vir 2 tot 6 persone per eenheid. Ons 5 hout-chalets is geleë aan die oewer van die rivier en het luisterryke uitsigte oor die rivier. Ons kampeerplekke teen die rivier het ook pragtige uitsigte. Die wild, voëls en plantegroei is asemrowend en vaarte na die riviermond en die strand kan gereël word.

Jy kan basies van jou tent af visvang as jy kampeer op een van die rivierkantkampeerplekke en jy is ook welkom om jou boot reg voor jou langs die jetty te parkeer. Almal is mal oor Abby, ons vriendelike kameelperd! Areena Quays Restaurant en Kroeg is ook aan die rivierkant vir jou plesier. Die restaurant is oop van Woensdae tot Vrydae (11:00 tot 20:00), Saterdae vanaf 09:00 en sluit Sondae na 'n heerlike buffet-middagete. Besoek gerus die avonturiersdorpie en neem deel aan 'n viewielmotorfiets-safari, kano-vaarte, teikenskiet, Zip Line, verfbal, boogskiet en Segway-safari's.

Toegang tot die strand word verkry per boot, veerboot of 'n kort entjie se ry met die motor.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 8 resensies vir Areena Riverside Resort
Netheid
4.0/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • H/v Schaffli-weg en die afdraai na Glen Gariff, Kwelera, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
  • Gaste dink Areena Riverside Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Amathole-distrik Oos-Kaap
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 78 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Schaffli-weg en die afdraai na Glen Gariff, Kwelera, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI2Njk3NGQ0LWUwMWEtNDAxZi04YjQzLTBhYzUyZDYwZTRlMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 Corner of Schaffli Road and Glen Gariff turn off Kwelera 5259 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -32.883839961485 28.061132186508
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za