Aride Holiday Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aride Holiday Apartments is in Uvongo, 'n see-oord aan die suide van Port Shepstone, geleë. Die area is bekend vir sy pragtige strande wat dit die ideale plek maak vir diegene wat op soek is na 'n vakansie uit die stad uit.

Verblyf word gebied in 5 selfsorg-woonstelle en dit is geskik vir groepe van 6. Al die woonstelle het 2 slaapkamers met gemaklike beddens, kombuisies, wasmasjiene, tuimeldroërs, waaiers, mikrogolfoonde, oonde, sitkamers en TV's met DStv. Die badkamers het elkeen 'n bad, stort en aparte toilet. Die woonstelle het nie direkte see-uitsigte nie.

Daar is 'n braai-area en veilige parkeerplek op die perseel.

Ons is sowat 40 m van Uvongo se strand, lagoon, visvangstreek en getypoel, af geleë. Die Spar, poskantoor, restaurante en drankwinkel is binne 200 m van die woonstelle. Shelly en Margate se strande is 4 km weg en die Wild Coast Sun is 35 km weg. Daar is ook 'n wandelroete van Uvongo se strand af na Saint Michael se strand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aride Holiday Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R480 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false