Arniston Blue
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 22 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dunkirk-straat 4, Arniston, 7280, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 600R3 450 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Arniston Blue is 150 m vanaf die strand en bied 'n ruim selfsorghuis aan 10 gaste.
Dié dubbelverdiepinghuis het 'n pragtige uitsig oor die see en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die sonkamer en die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer.
Een van die slaapkamers wat op die grondverdieping is, het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer. Die vyfde kamer is buite en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Maaltye kan rondom die eetkamertafel of ontbyttoonbank geniet word. Die huis het 'n alarmstelsel en 'n TV met 'n DStv-gastehuispakket.
Die sitkamer het 'n knus kaggel en bied toegang tot 'n stoep met 'n see-uitsig. Gaste kan die braai buite benut en parkeerplek is beskikbaar vir 2 voertuie agter 'n hoë hek. Die tuin is omhein en troeteldiere is welkom, indien daar vooraf gereël is.
Gaste kan ontspan langs die pragtige strand en Arniston het verskeie restaurante en doendinge soos swem, ontspan of stap langs die strande, fietsry, perdry, bergfiets- en voetslaanroetes, visvanggeleenthede, walviskyk, skeepswrakduik en vele meer. Gaste kan ook die spa by Arniston Hotel en die Waenhuiskrans grot besoek.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Cornel Geverifieer
Eiendomme 58
Resensies 162
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Dunkirk-straat 4, Arniston, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Arniston Blue het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dunkirk-straat 4, Arniston, 7280, Wes-Kaap