Artist's Attic Self-Catering Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Artist's Attic Self-Catering Cottage is 'n tuinkothuis langs 'n woonhuis in Steiltes, Nelspruit. Dié stil woonbuurt grens aan 'n natuurreservaat aan albei kante. Die kothuis is ideaal geleë vir reisigers op pad na die Krugerwildtuin wat sowat 60 km ver is (Numbi- en Malelane-hek) en Mosambiek. Bloukuifloeries, paradysvlieëvangers en wielewale is in die area te sien. Snags kan gaste die nagapies, Kaapse ooruile en vrugtevlermuise hoor. Dit is ook ideaal vir gaste wat dit as 'n basis wil gebruik om toeristebestemmings onder meer Blyderivier, Barberton Geo-roete, Sudwalagrotte, Chimp Eden en nog meer wil besoek. Dit is net 26 km vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe.

Die kothuis het 'n ruim slaapkamer met 'n koningingrootte-bed bo, 'n en suite-badkamer en 'n balkon met 'n uitsig. Die oopplan-leefarea onder het 2 enkelbeddens en die kombuis langsaan het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, induksieplaat, breekware, eetgerei, potte, panne en ander basiese toebehore. Dié spasie is ideaal vir 4 gaste.

Die Krimpvarkiesuite het 'n dubbelbed en is apart van die hoofkothuis, maar vas aan die hoofhuis met sy eie privaat ingang en badkamer. Daar is ook 'n kombuisie met basiese kombuisware en eetgerei. Daar is 'n klein veranda waar gaste hulle oggendkoffie kan geniet.

Gratis WiFi word in die woonstel voorsien en daar is buitebraaigeriewe op die balkon wat gaste mag gebruik. Oorspronklike skilderye en kunswerke teen die mure van die huis skep 'n kunstige flair en aangename atmosfeer.

Begeleide wandelinge vroeg in die oggend en volg dan 'n gemerkte en versorgde roete wat sterk aanbeveel word vir natuurliefhebbers, veral voëlkenners. Artist's Attic Self-Catering Cottage is net 1,8 km vanaf 'n klein winkelsentrum met 'n Spar, koffiewinkel vir ontbyt (The Bean Tree) en 'n bistro vir smullekker etes.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Artist's Attic Self-Catering Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false