Asher Riverside Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Asher Riverside Cottages is minder as 20 km van Bonnievale af en bied 'n ontspanne plaaswegbreek langs die Breederivier met 'n uitsig op die Langeberge. Verblyf word in 4 selfsorgkothuise wat elkeen slaapplek vir 8 gaste het, aangebied.

Die kothuise het elkeen 2 slaapkamers, 'n solder, 2 badkamers en 'n oopplankombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die oopplansolder het 4 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuise is elkeen ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel, 'n klein kaggel en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Bring asb. jou eie dekodeerder en -slimkaart saam, of jy kan vooraf die Premium-opsie by die instansie bestel.

Elke kothuis het 'n groot stoep met braaigeriewe en daar is 'n houtvuur-warmbad. Gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Asher Riverside Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za