Clarens Akkommodasie by Avante Self-Catering | LekkeSlaap
+19
+19

Avante Self-Catering

8 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R4 900 per nag (plek vir 13)
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naudestraat 299, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Avante Self-Catering is 'n dubbelverdiepinghuis wat op 'n gruispad in die bekoorlike dorpie, Clarens geleë is.

Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste kamer het 'n dubbel bed. Dié kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n privaat ingang op die grondvloer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde en vierde kamers is op die grondvloer en deel 'n badkamer wat oor 'n stort beskik. Die derde kamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die vierde kamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Dié kamer het 'n privaat ingang. Die vyfde kamer het 'n dubbelbed met 'n stort in die en suite-badkamer. Die kamers beskik elkeen oor 'n haardroër, paneelverwarmer, donsduvet vir die winter, linne en komberse.

Dan is daar 'n ekstra kamer met 'n uitsig wat deel is van die huis, maar wat nie van binne die huis bereik kan word nie. Dit kan afsonderlik bespreek word. Dié kamer het 2 enkelbeddens, wat as' n koninggrootte bed omskep kan word en 'n driekwartbed. Die en suite-badkamer het 'n stort. Daar is nie 'n kombuis nie, maar 'n yskas, 'n mikrogolfoond, tee- koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei vir 3 mense is beskikbaar.

Die res van die huis bestaan uit 'n goed toegeruste kombuis, 'n leefarea, 'n eetkamerarea met 'n eetkamertafel met sitplek vir 12 mense, 'n kaggel en braaigeriewe buite. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas en 'n gas en elektriese oond stoof en' n ekstra yskas en 'n skottelgoedwasser. Daar is 2 motorhuise en 3 onderdak-parkeerplekke beskikbaar.

Skoonmaakdienste word op aanvraag teen ekstra koste gebied. Geen skoonmaakdienste is op 25 en 26 Desember beskikbaar nie. Let asseblief daarop dat die huis tientalle trappe het en dat dit nie geskik is vir ouer persone of klein kindertjies nie.

Minimum verblyftydperk van 3 nagte oor langnaweke en minimum verblyftydperk van 2 nagte oor naweke.

Slaapplek

’n Bespreking by Avante Self-Catering sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed Kinderbank vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xKoninggrootte-bed
2 xKinderbank vir 1
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 6
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 8 resensies vir Avante Self-Catering
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Naudestraat 299, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Avante Self-Catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 13)
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 13)
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 13)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naudestraat 299, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk4MGZlMjUxLTA1OTgtNGVhOS05Nzk2LWM0YTg2N2Q3OGVmMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 900  per nag (plek vir 13) 8 5 1 5 299 Naude street Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.5183 28.422897
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za