Modimolle Akkommodasie by Avian Leisure Bush Lodge | LekkeSlaap
+26

Avian Leisure Bush Lodge

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfishersingel 23 , Koro Creek Golf & Wildlife Estate, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Geen kinders onder 17
  • Vanaf R3 660 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Avian Leisure Bush Lodge is 'n elegante, ruim bosveldtuiste wat in Koro Creek Golf & Wildlife Estate in Modimolle geleë is. Dié lodge bied wonderlike uitsigte oor die landgoed. Verskeie voëls en wild is van die dek af sigbaar asook op die landgoed se menige staproetes.

Daar is 2 slaapkamers met plafonwaaiers en elke kamer het 'n insekskerm, slaapplek vir 4 en 'n en suite-badkamer. Die hoofslaapkamer lei na 'n buitestort.

Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, vrieskas en yskas. Daar is ook 'n eilandjie in die middel van die kombuis, ideaal om etes voor te berei en informele etes te geniet. Daar is 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser beskikbaar.

Die sit- en eetkamer het 'n gesellige kaggel wat oop is aan 2 kante en as middelpunt tussen die 2 vertrekke dien. Die sitarea het ook 'n platskerm-TV teen die muur met DStv.

Daar is 'n groot uitkykdek langs die kombuis met ingeboude braaigeriewe wat langs die kombuisarea geleë is vir gerieflikheidsonthalwe. Selfoonsein is uitstekend en WiFi is by die klubhuis beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Avian Leisure Bush Lodge sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 17 resensies vir Avian Leisure Bush Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Kingfishersingel 23 , Koro Creek Golf & Wildlife Estate, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Gaste dink Avian Leisure Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 660
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R3 660
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfishersingel 23 , Koro Creek Golf & Wildlife Estate, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Geen kinders onder 17
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZiMWE0MjlkLTBmZjgtNDBkYi1hNDM3LTQ0MGVmOWE5MmU5Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 660  per nag (vir 4 persone) 17 5 1 5 23 Kingfisher Crescent Koro Creek Golf & Wildlife Estate 0510 Limpopo 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -24.691767957422 28.389610648155
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za