Bakoor Plaas Akkommodasie

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 40 % af

Kry 40% af. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Beskrywing

Bakoor Plaas Akkommodasie bied 3 selfsorg-eenhede en 'n boskamp wat op 'n plaas net 20 km vanaf Parys en 40 km vanaf Fochville geleë is.

Dié eenhede is elkeen gerieflik ingerig vir 4 tot 6 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers wat elkeen 'n dubbelbed en 'n enkelbed het. Sommige slaapkamers het en suite-badkamers wat elkeen 'n bad en 'n stort het. Die ander kamers deel 'n badkamer.

Die eenhede het elkeen 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof en 'n oond, en 'n yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe en privaat braaigeriewe met pragtige uitsigte. Parkeerplek is beskikbaar.

Bakoor Plaas Akkommodasie kan te voet of per fiets verken word en verskeie voëlspesies en wildspesies soos rooibokke en blesbokke kan besigtig word. Let asseblief daarop dat troeteldiere, motorfietse en vierwielmotorfietse nie toegelaat word nie, maar gaste kan gerus hul eie fietse saambring. Krag word voorsien deur middel van sonpanele.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bakoor Plaas Akkommodasie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R480 per nag (vir 2 mense)

Kry 40% af. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Mei 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za