LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Baleni Camp | LekkeSlaap
+19

Baleni Camp

Lodge
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baleni Kamp, Klein Letabarivier, Giyani, 0826, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R990 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Baleni is 'n omgewing waar natuur, doelmatigheid en spiritualisme saamkom. Ons ekonomie is baie afhanklik van die tradisionele soutmyne en Baleni laat die verantwoordelike reisiger toe om te sien hoe moderne mense antieke tradisies en tegnieke in ons 21ste eeu-lewens gebruik.

Baleni Cultural Camp het 5 losstaande grasdak-rondawels elkeen met 2 driekwartbeddens, stoele en 'n bedkassie. Linne word nie voorsien nie. Die ablusies is gemeenskaplik met spoeltoilette, storte en wasbakke.

Die kombuis-, eet- en kampvuur-geriewe is gemeenskaplik en gee avonturiers die ideale geleentheid om ander soortgelyke gaste te ontmoet. Die gasstoof, kampvuur, yskas en vrieskas word gedeel. Die nodige potte, breekware en eetgerei word ook voorsien.

Daar is geen elektrisiteit nie en paraffien en sonkrag-lanterns word gebruik om lig te voorsien saans. Gaste moet hul eie vuurmaakhout saambring as hul wil braai. Alhoewel dit veilig is om te drink, hou sekere mense nie van die smaak van die plaaslike water nie, dus raai ons jou aan om jou eie gebottelde drinkwater ook saam te bring. Ons is in 'n lae-risiko malariagebied. Voorsorgmaatreëls word wel aanbeveel.

Gedurende die wintermaande kan gaste kyk hoe die plaaslike vrouens sout maak uit die kristalle van die Soutini-fontein. Dit is 'n oeroue tegniek en van belangrike ekonomiese waarde vir die mense van die streek. Soutmaak-demonstrasies kan teen ekstra koste gereël word enige tyd van die jaar, bespreek net vroegtydig. Gaste kan ook 'n uitstappie na die plaaslike dorpie onderneem om die kunsvlyters en inwoners van die area te ontmoet, reël dit asseblief vroegtydig.

Baleni is naby die oewer van die Klein Letabarivier geleë en die grond behoort aan die Mahumani Traditional Authority. Baleni se personeel kan gaste neem na die geotermiese warmwaterbron, die enigste onontwikkelde warmwaterbron in Suid-Afrika. Die water bly altyd 42°C en die bron is 'n heilige plek vir die Tsonga-gemeenskap. 'n Gids sal die spirituele belangrikheid van die bron verduidelik en gaste inlig rakende terminologie en gedrag van besoekers. Na jy jouself in die bron gereinig het kan jy stap na die nabye Ka Mukhulu, nog 'n interessante geologiese formasie.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Baleni Kamp, Klein Letabarivier, Giyani, 0826, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R990
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R990
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baleni Kamp, Klein Letabarivier, Giyani, 0826, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYwOTM1ZjgwLTkxYWItNDY5Yi04NGE2LWQ2NjcwMmY1YWFjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R990  per nag (vir 2 persone) Baleni Camp Klein Letaba River 0826 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -23.423187 30.908884
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!