Bali at Willinga Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Geleë in die skilderagtige dorpie, Kosmos, met wonderlike uitsigte oor Hartebeespoortdam, is Bali at Willinga Lodge die perfekte romantiese wegbreek. Net 45 minute van Johannesburg en 40 minute van Pretoria. Ons is ook net 45 minute vanaf Rustenburg.

Geleë in 'n pragtige tropiese tuin is 7 luukse suites (5 met grasdakke). Die suites is almal baie privaat met aparte ingange, terrasse op hul eie private dek ('n balkon by die Palm suite). Al 7 suites het en suite-badkamers met bad en/of stort. 4 Suites het spa-baddens en 6 suites het kaggels ook. Die goed toegeruste suites is het yskasies, dakwaaiers en koffie-en-teemaakgeriewe. Toiletware word verskaf.

Braai (gasbraai) geriewe is beskikbaar by die suites of op die grasdak lapa langs die soutwater rots-swembad. Hier is die gaste-sitkamer en ten volle toegeruste kombuis beskikbaar vir gaste wat selfversorgend wil wees. Die TV-kamer is toegerus met volle DStv. Die Jaccuzi aan die buitekant onder die bome en die soutwater-rotsswembad is altyd populêr in die somer.

Ons is 15-20 minute van 3-18 putjie gholfbane, en 3 minute van 'n lieflike 9 putjie gholfbaan. Die Wig van die Mensdom met die Maropeng sentrum is net 30 minute weg, asook die Sterkfontein Grotte.
Die grootste Afrika-kunsmark en Welwitsha plattelandse mark is net om die draai. Bill Harrop's asook Discover Ballooning is die lugvaart ballone se maatakapye. Die Elephant and Monkey Sanctuary en die Ann van Dyk Cheetah Centre is ook naby.

Sun City en Pilanesberg Wildreservaat net 90 km weg. Margaret Roberts Herbal Centre, Die Van Gaalen kaas-plaas asook 'n aarbeiplaas is 20 minute weg. Vierwiel-motorfietse, perdry, canopy-toer in die Magaliesberg en glydraad ry Broederstroom asook staproetes en bergfiets-roetes is alles in die area.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bali At Willinga Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za