Barefoot Bungalow
Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 29 Apr 2024 tot 31 Mei 2024.
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Beach-weg 173, Amanzimtoti, 4026, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 050R945 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Barefoot Bungalow is 'n selfsorg-eenheid op 'n privaat eiendom in die hartjie van Amanzimtoti. Dit is die ideale verblyf vir 'n gesinsvakansie by die see en bied direkte toegang tot 'n swemstrand.
Die eenheid is op die grondverdieping en het slaapplek vir 5 gaste. Dit beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het lugversorging, 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is, en daar is 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n ruim sitarea met 'n enkelslaapbank en daar is gemaklike sitplek voor die platskerm-TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Indien gaste DStv wil kyk, moet hulle asb hul eie rekening besonderhede saam om die DStv Now App te kan gebruik.
Gaste het ook toegang tot die swembad en braaigeriewe op die eiendom en daar is veilige parkeerplek voor die eenheid. Die verblyf is naby winkels, restaurant en verskeie toeristebesienswaardighede.
Let wel dat Barefoot Bungalow en Beachfront Bungalow op dieselfde eiendom gelee is. Beide die eenhede kan 5 gaste akkommodeer indien u 'n bespreking wil maak vir 'n groep gaste.
Slaapplek
’n Bespreking by Barefoot Bungalow sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Eurika Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 96
Jare op LekkeSlaap 6
Ligging
- Beach-weg 173, Amanzimtoti, 4026, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Barefoot Bungalow het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Athlone Park Amanzimtoti KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Beach-weg 173, Amanzimtoti, 4026, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom