Barnstormers Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Beleef 'n sagte landing ...

Die eienaars, Liam en Annatjie Mostert, die eienaars, het hul droom verwesenlik toe hulle "barnstorming" gemoderniseer het. Hierdie gastehuis wat volgens 'n lugvaart-tema ingerig is en gaste altyd beïndruk, is geleë in die buitewyke van Malalane in Mpumalanga, tussen Nkomazi se suikerrietplantasies en die N4-tolpad na Nelspruit, Mosambiek en Swaziland, net 2,5 km van die Kruger Wildtuin se Malalane-hek af.

By Barnstormers Rest is ons passievol oor mense en is professionalisme ons trots. Ons uitvoerige kennis en begrip van die gasvryheidsbedryf waarborg dat ons altyd uitstyg bo die kompetisie. Ons vriendelike en ervare personeel is daar om jou by te staan met enige spesiale behoeftes. Ons strewe is om 'n unieke, onvergeetlike ervaring aan jou te bied. Ons wil seker maak elke gas is gelukkig en tevrede wanneer hy of sy die pad vat. Ons mikpunt is altyd uitnemende diens. Sukses is opgesluit in daardie ekstra myl wat jy bereid is om te vlieg.

Na 'n nag van sagte landings verwelkom ons ons gaste aanboord by die restaurant in ons huis waar 'n stewige buffet-ontbyt van 07:00 tot 10:00 bedien word (ontbyt is ingesluit). Ontbyt sluit vars vrugte, ontbytgrane, joghurt, fyngebak, brood, Kontinentale- en Engelse ontbyt-opsies in ens. Gaste kan ook 'n gourmet middagetepakkie in plaas van ontbyt kry. Dit is ideaal vir doutrappers wat op safari wil gaan of gaste wat 'n vlug moet vang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Drankies ingesluit
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Barnstormers Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false