Sunnyside Akkommodasie by Bartholomew's Loft | LekkeSlaap
+44
+44

Bartholomew's Loft

Selfsorg
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Bartholomew-straat 1A, Grahamstad, 6140, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Bartholomew's Loft is sentraal geleë en bied selfsorg- en B&B-verblyf. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat saam deur die Oos-Kaap reis. Dié historiese gebou was eers 'n kerk en het baie karakter met 'n solder en dubbel-sitarea. Dit is naby die historiese Artificers Square, wat in 1820 in Grahamstad ontstaan het, geleë. Dit is stapafstand van die middestad en Rhodes Universiteit. Toegang tot die perseel kan verkry word deur groot hekke met 'n geplaveide oprit, en daar is genoeg veilige parkeerplek.

Bartholomew's Loft bied verblyf in 3 slaapkamers, 1 koninggrootte-kamer op die boonste verdieping en 2 kleiner enkelkamers op die onderste verdieping. Daar is 'n ruim oopplan-kombuis, -leef/eetkamer en 'n kombuisarea. Bartholomew's Cottage bied ook ekstra verblyf in 2 ruim selfstandige eenhede .

Bartholomew's Cottage is omskep in 2 ruim selfstandige eenhede. Bartholomew's Cottage se binnehof-suite het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n afsonderlike oopplan-kombuis/eetarea. Albei kamers lei na 'n privaat ommuurde binnehof. Die bekoorlike klipmure is tipies van 1820'se huise in Grahamstad. Die sierfonteintjie en 'n klein tuintjie skep die gevoel van 'n veilige hawe in die middestad.

Die patio-suite het 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens, en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die sonnige oopplan-kombuis/leefkamer lei na 'n stoepie. Die oorspronklike houtbalke, ou houtvloere en vensters dra by tot die gebou se historiese karakter.

Alle linne en handdoeke word voorsien en die kothuise word daagliks skoongemaak. Elke kamer het 'n verwarmer en elektriese komberse vir Grahamstad se kouer winternagte. Tee, koffie en beskuit word voorsien. DStv en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 36 resensies vir Bartholomew's Loft
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • St Bartholomew-straat 1A, Grahamstad, 6140, Oos-Kaap
  • Gaste dink Bartholomew's Loft het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Bartholomew-straat 1A, Grahamstad, 6140, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZkNDY5NjE4LWZiZDAtNDg3Zi04OGExLTRhOGVhNTcyMTZlMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 2) 36 5 1 5 1A St Bartholomew Street Grahamstown 6140 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.313266 26.529854
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za