Baviaanskloof Guest Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Baviaanskloof Guest Cottages is in die Baviaanskloof Natuurreservaat geleë, 74 km vanaf Willowmore en 130 km vanaf Patensie. Ons bied kwaliteit-verblyf en is ideaal vir groot families of groepe vriende op soek na 'n wegbreek.

Die plaas bied 3 gaste-kothuise met verskillende verblyf-opsies vir groepe van verskeie groottes.

Die Langhuis is 'n groot kothuis met 'n ruim leefarea, 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die kombuis het 'n stoof, 'n groot yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en alles wat jy sou benodig vir selfsorgverblyf, insluitend 'n ketel en 'n broodrooster. Die Langhuis het 'n kaggel om 'n knus atmosfeer te skep in die winter. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Daar is ook 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens in die leefarea. Die eerste badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak en die tweede het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die huis is volledig toegerus met elektrisiteit.

Die Ou Kerkie-kothuis het 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer met 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n slaapbank in die sitarea en 'n ekstra badkamer met 'n stort, toilet en wasbak indien daar meer as 2 gaste in die eenheid bly. Die huis is volledig toegerus en gebou op die oewer van die dam met 'n beeldskone uitsig.

Oupatjie-kothuis het 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die leefarea. Dit bied slaapplek vir tot 4 volwassenes of 'n gesin van 2 volwassenes en 3 kinders. Die volledige badkamer beskik oor 'n toilet, wasbak, stort en bad. Beddegoed en handdoeke word voorsien, sowel as eetgerei, breekware, 'n braairooster en soveel meer.

Doendinge in die omgewing sluit staproetes, voëlkyk, boesmantekeninge, en 4X4-roetes in. Roosterkoeke, braaihout en baie ander goed kan by die BaviJAANS Padstal gekry word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Baviaanskloof Guest Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za