Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bayhill Drive Lodge

Gastehuis

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Ena Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Jaar gelys 6

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 51 resensies vir Bayhill Drive Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5
Christiaan S - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Christiaan S

So min as moontlik tyd daar spandeer. Lekker gemaklik geslaap in die nagte.

Die plek is pragtig. Sê nie dis in 'n estate nie. Ver ry om in en uit te gaan. Geen TV. Dit is soos 'n koshuis. Sê openlik almal moet 22h00 kamer toe en geen verdere gesels na 22h00 nie. Glad nie ingerig vir selfsorg nie. Geen stoof. Plek is netjies met net die beste afwerking.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Cristiaan, dit is duidelik op my profiel aangedui dat daar nie 'n kombuis is nie, dat daar nie kamerdiens is oor naweke nie en dat almal asseblief om 10: uur moet stil wees omdat daar dikwels ook ander gaste slaap wat nie laat saans gesteur wil wees nie. As jy die moeite gedoen het om my profiel te lees en na die fotos gekyk het, sou
jy nie hier bespreek het nie en nou al hierdie besware gehad het nie. Ena Swart.

Bayhill Drive Lodge
Dawie S - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dawie S
Enkelreisiger

Baie goed geleë, vriendelike diens en waarde vir geld.

Ek het alleen gereis om my seun te ondersteun tydens sy rugbytoer. Bayhill Drive Lodge was ideaal vir my vereistes and lekker naby die rugbyvelde geleë. Plek was netjies en veilig in 'n estate. Sal weer draai maak in die toekoms.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Baie dankie Dawie. Dit was lekker om jou hier te huisves. Groete, Ena.

Bayhill Drive Lodge
Billie V - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Billie V
Enkelreisiger

Geskik vir 'n enkelnag-noodstop.

Styf, doodse stilte, prim en proper herehuis in 'n rykmansbuurt, geen TV, geen musiek, ideaal vir die alleenreisiger sou ek sê, maar nié die plek waar Jan Alleman en sy gesin, of saam vriende, sou tuisvoel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Ek het op kort kennisgewing vir mnr. VD Schyf akkommodasie gegee waarvoor hy baie dankbaar was. Ek was ook bereid om sy hondjie te akkommodeer wat ek nie gewoonlik doen nie. Ek het hom vriendelik ontvang soos al my ander gaste en hy het laat blyk dat hy baie ingenome en verras was met wat hy gekry het.
Hy was vir 3 dae hier vir besigheid en was net snags hier. Hy was welkom om te kanselleer na die eerste nag as alles vir hom te stil was in die nag.
White River Country Estate is 'n doodgemiddelde golflandgoed waarvan daar baie soortgelyk in die land is. Die huis is 'n gewone huis en geen herehuis nie.
Gaste hier geniet die rustigheid, privaatheid, ruimte en veiligheid wat die huis en tuin bied. Alles word aangedui op die profiel, ook dat hier nie TV's is nie, wel sterk WiFi.
Die naggeluide hier klink soos musiek en vroegdag maak die voëlgesang mens wakker.

Bayhill Drive Lodge
Jacquie M - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacquie M
Enkelreisiger

Nice house.

Comfortable and spacious room.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Thank you Jacquie, hope to see you again. You are always welcome.

Bayhill Drive Lodge
Carl V - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carl V
Besigheidsreis

Netjies, skoon en veilig.

Dankie vir die goeie diens. Baie rustig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie Carl.

Bayhill Drive Lodge
Gina Z - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Gina Z
Enkelreisiger

Bayhill is 'n vreeslike netjiese plek en veilig, maar ongelukkig voel dit soos 'n koshuis. Baie reëls en regulasies. Ligte moet 10:00 af wees. Jy mag net tussen 7 en 9 braai. Dit maak dit onplesierig.

Vir 'n een-nag-oorslaap is Bayhill Lodge uitstekend, maar vir meer as 'n nag is dit nie so lekker nie. Daar is is nie 'n TV nie en die kamers kan koud raak.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Hi Gina, baie dankie vir die terugvoer.
In die kamer wees en "ligte uit'' is twee verskillende dinge. Die kamers is baie privaat geleë en daar kan nog tot baie laat daar gekuier word.
Elke instansie het huisreëls wat ingestel is om dit vir almal op die eiendom aangenaam te maak.
Daar is oral baie sterk internet wat opmaak vir die gebrek aan TV`s.

Bayhill Drive Lodge
Hans C - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hans C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige tuin in 'n baie mooi omgewing. Die netheid en diens kan verbeter.

Die gastehuis is in 'n baie mooi area maar is ongelukkig ver van eetplekke. Die eienares moet oorweeg om ontbyt te bedien. Die algemene netheid asook die manier van kamerdiens het aandag nodig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Die gaste word voorsien van 'n lys van huisreëls ens. waarop hulle gewys word en veronderstel is om te lees.
Dit word vooraf baie duidelik aangedui dat geen etes voorsien word nie.
Die gaste is vry om 'n ingeligte besluit te neem en die regte keuse te maak waar om te bespreek.

Bayhill Drive Lodge
Karin B - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Karin B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik!

Lieflike, netjiese en skoon oorslaapplek. Rustige sithoekies. Vriendelike ontvangs! Sien my definitief weer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Baie dankie Karin.

Bayhill Drive Lodge
Carien D - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carien D
Besigheidsreis

Pragtige, luukse kamers.

Netjiese, luukse kamers. Vriendelike gasvrou wat jou welkom laat voel. Ek kan dit vir seker aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie vir mooi woorde Carien. Dit was lekker om jou hier te hê. Dankie dat jy die kuns so waardeer en raakgesien het. Groete, Ena.

Bayhill Drive Lodge
Johan V - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Johan V
Gesin met klein kinders

Pleasant stay in nice property.

Clean, nice garden, great rooms. Use of portion of stoep allowed. Only strange thing is that there is no kitchen/kitchenette. No kitchen sink. No food preparation area. Only a microwave, kettle and fridge. If you plan to eat out only this should not be a problem. An entrance hall serves as a coffee station, lounge and dining room. Small dining table against a wall. with only three chairs.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

On my profile it shows very clearly that there is no kitchen. There is 4 more chairs that could easily have being brought to the table if needed. A kitchen sink is not necessary, because there is plenty of crockery and knives and forks, and clean ones are provided every day. So you do not have to do wash any dishes etc. The dining room table is big enough and could have been moved away from the wall if you wanted to. The portion of the stoep is more than adequate. Please take a good look at photos and description of a facility in the future before you make a reservation.

Bayhill Drive Lodge
Annemarie V - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Annemarie V
Enkelreisiger

Pragtige natuur en rustigheid.

Bayhill is 'n baie rustige plek, vir die natuurliefhebber en tranquillity is die wagwoord. Vriendelike eienares, wat mens baie tuis laat voel. Daar is 'n gemeenskaplike area vir eet, koffie maak, die yskas en kuier. 'n Baie huislike atmosfeer en die gemeenskaplike area dwing mens om kennis te maak met al die ander gaste.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie Annemarie.

Bayhill Drive Lodge
Pierre D - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pierre D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Attractive house with very friendly and polite owner. Nice and quiet.

Ena makes one feel welcome. Nice good quality.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Thank you Pierre and Estie. I appreciate.

Bayhill Drive Lodge
Scott R - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Scott R
Saam met vriende

Great location for golf trip.

There is no kitchen facility. The owner tells you that bedtime is 22:00. You really feel as if you are intruding on someone's space.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Jacques-robin S - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques-robin S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beste oornagbestemming

Ongelooflik veilig en baie betroubaar met groot ondersteuning van die gastevrou namens ons laat aankoms. Baie akkomoderend, vriendelik en diensgerig. Vir die fooi wat ons betaal het is dit 'n absolute wonder. Kamers is ruim en uiters net met beste badkamer. Sal weer daar slaap in die toekoms.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Andy S - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andy S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het ons verblyf geniet, alles was skoon en netjies. Ons sal weer gebruik. Gasvrou was baie vriendelik.

Die eenhied was baie veilig, ons het dit geniet om te stap op die gholfbaan. Ena was baie vriendelik en ons tuis laat voel. Ons sal definitief haar eenheid weer gebuik.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Baie dankie vir jul vriendelike woorde. Ek sal jul graag weer wil ontvang.

Bayhill Drive Lodge
René S - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
René S
Enkelreisiger

Lovely place to be.

I can recommend this lodge.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Thank you Rene.

Bayhill Drive Lodge
Michael S - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michael S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Very pleasant.

Ena was most welcoming. The accommodation was spacious and spotlessly clean. Close to restaurants etc.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie Michael.

Bayhill Drive Lodge
Elrie B - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elrie B

Fabilooslik.

Baie netjies, waarde vir geld en gasvry.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Petria V - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petria V
Enkelreisiger

Lieflike plek. Baie veilig.

Pragtige plek. Netjies. Plus punt: gholfbaan se restaurant lewer by die deur af.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie Petria. Waardeer.

Bayhill Drive Lodge
Morne V - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Morne V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige gastehuis met sorgsame eienares.

Dis 'n pragtige huis, keurig en kunstig versier, met ruim vertrekke en al die nodige geriewe. Die parkagtige omgewing is 'n lushof en die swembad bied welkome lafenis van die Laeveldse hitte. Ena is 'n sorgsame en bedagsame gasvrou wat alles moontlik doen om gaste tuis te laat voel. Sy het ons baie mooi bygestaan toe 'n gesondheidskrisis opduik. Die vier sterre vir ligging is omdat dit taamlik ver uit die dorp geleë is, maar aan die ander kant is die landgoed super veilig en voel dit asof 'n mens in die natuur oornag.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie Morné en Danie. Dit was net 'n plesier om julle hier te ontvang.

Bayhill Drive Lodge
Thomas G - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Thomas G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heel okay. Maar ook nie!

Dis alles baie mooi, maar die eienaar het haar eie reëls. Jy moet terug wees in die kamer en stil wees teen 10 uur, maar haar kleinkinders kan jou wakker raas teen 6 uur! Jy kan tee en koffie maak, maar mag dit nie in die kamer drink nie, want haar matte. Jy kan nie kom en gaan soos jy wil nie, want die hek moet die eienaar bel elke keer as jy inkom. Vir R200 meer sou ek liewers in die Town Lodge in Nelspruit gaan slaap het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Paula D - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Paula D
Gesin met tieners

Accommodation was safe and peaceful environment.

Lovely location, great value for money and very homey.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie Paula, dit was lekker om jul hier te gehad het. Kom weer Ena.

Bayhill Drive Lodge
René S - Feb 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
René S
Enkelreisiger

Great place.

Great place to be. Highly recommended.

Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.

Wonderlike plek.

Goeie plek om te wees. Hoogs aanbeveelbaar.

Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Thank you, René,
Glad you enjoyed your stay. Hope to see you again.
Kind regards,
Ena.

Bayhill Drive Lodge
Marina E - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marina E
Besigheidsreis

Beautifully decorated and so quiet.

We enjoyed our stay in this beautiful home. It felt like going to stay at the home of a favourite aunt. Lots of personal touches and such beautiful surroundings with attention to every detail.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Thank you Marina. It was such a pleasure to have you there.

Kind regards, Ena.

Bayhill Drive Lodge
Susan V - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan V

Rustig, netjies en skoon.

Kan dit aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie Susan.
Dit was lekker om jul hier te gehad het.

Bayhill Drive Lodge
Eone D - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Eone D

As jy net wil slaap en koffie drink is die 'n goeie keuse, maar nie 'n volledige selfsorg-eenheid nie.

Fotos en selfsorgbemarking is misleidend. Die kombuisgeriewe is onvoldoende vir selfsorg en die eienaar het aangedui dat slegs 'n deel van die stoep gebruik mag word, maar nie die ligte nie, omdat dit haar permanente huurder steur. Daar was twee klein liggies vir die stoep wat onvoldoende was. Met die insident rakende die ondervloerse verhitting se gebruik het die eienaar ook genoem dat die stoep nie ingesluit is in die huur nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Die bespreking was van die begin af moeilik en problematies. My profiel toon duidelik dat dit nie 'n volledige selfsorg eenheid is nie. Jy moes dus glad nie vir my gekies het as jy so iets nodig gehad het nie. Ek het jou orals tegemoet gekom met afslag en uitstel. Julle het vir R245 per persoon per dag gebly. Ek het uit my pad uit gegaan om dit vir julle gerieflik en goedkoop te maak. Die stoep is aan julle uitgewys as 'n toegif. Dit verskyn nie op my profiel nie. Nogtans het julle jul nie aan my versoeke gesteur nie.
Die hele bespreking was vir my 'n onaangename ervaring.

Bayhill Drive Lodge
Kilmon N - Mei 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kilmon N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beautiful.

The place is affordable and a nice place to stay. Friendly people, I would love to visit again.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Thank you for your kind words Kilmon. It was such a pleasure to have you and your wife as guests.
Go well,
Ena.

Bayhill Drive Lodge
Jamie F - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jamie F
Saam met vriende

Die plek was pragtig en skoon en was maklik om vingerafdruk by hek te reël om maklik in en uit te kon gaan.

Ons het heerlik gebly en het baie veilig gevoel. Die huis was ruim en het pragtige kamers met badkamers gehad wat mooi en silwerskoon was. Die koffiestasie het ook heerlike beskuit gehad en 'n mikrogolf en klein yskasie wat al was wat ons nodig gehad het vir ons naweek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Baie dankie vir mooi terugvoer Jamie. Ek is so bly dat julle lekker gebly en die paar dae geniet het. Hoop ek sien julie weer vorentoe.
Groete,
Ena

Bayhill Drive Lodge
Vincent C - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Vincent C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies, skoon en stil. Ongelukkig mis 'n mens maar 'n TV.

Sien sterre.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie Vincent. Let maar op na die fotos ens. Jy het my baie rondgegooi met díe feit dat jy eers baie laat you bespreking bevestig het. Ek het reeds ander reëlings gemaak en moes alles verander toe ek hoor dat jy reeds op pad is. Ek wou nie hê dat jy so laat in die aand voor dooiemansdeur te staan sou kom nie.

Groete, Ena.

Bayhill Drive Lodge
Shanice D - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Shanice D

Netjies maar ongemaklikhede met langtermyn-inwoners.

Ons het 'n goeie verwelkoming ontvang, maar die opset was nie gepas of gemaklik vir die volgende redes nie: Toegang tot die gastekamers wat in dieselfde huis as die eienaar en dit is nie gepas vir bejaardes nie a.g.v die steil trappe. Moeite is gemaak met 'n ekstra versoek vir 'n braaier, maar, weereens, die gebrek aan privaat spasie maak dinge ongemaklik tussen klante en langtermynhuurder op dieselfde perseel. Klein koffiestasie, yskassie en geen opwasgeriewe om bekers of borde uit te spoel nie. Tans is die instansie eenvoudig net vir oornagdoeleindes en glad nie vir kuier nie. Alle privaat geselsies val op eienaar se ore met hul woning op die tweede vloer. Was beveel (en nie gevra) vir stilte waar ons moes luister hoe die huurder se familie kon laat kuier. Dubbele standaarde vir die hoeveelheid geld betaal. Dis grootliks ongerieflik om jou vingerafdrukke te registreer by sekuriteit. Vat baie moeite. Ons voel ook kliëntediens en professionaliteit kan verbeter.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Ek is jammer dat Shanice en haar familie nie lekker gekuier het nie.
Die trappe is vooraf met Shanice se man, bespreek en 2 fotos is op die 23ste Augustus vir hom gestuur waarna hy geantwoord het dat dit nie 'n probleem sal wees nie.
Die spasies, stoep ensovoorts, wat gebruik kan word, is die eerste dag aan die gaste uitgewys.
Dit is nie nodig om enige iets te was nie omdat baie eetgerei uitgesit is en gereeld vervang word met skoon eetgerei. Dit is so aan Shanice verduidelik. Op die profiel en fotos is alles baie duidelik. Ek het ook vooraf spesifiek vir hulle daarop gewys dat hier nie `n kombuis is nie.
Ek het Shanice en haar familie nie beveel om stil te bly nie, ek het hul wel gevra om net bietjie sagter te wees aangesien daar nog 'n persoon in kamer 3 geslaap het en dit reeds 10:20 in die aand was. Kamer 2 is baie ruim en privaat, hulle kon verder daar gekuier het.
Hulle het 2 aande in die huurder se spasie gekuier wat 'n toegewing was.
Ek het al die diens gebied wat moontlik is, ek kon nie meer doen nie.
White River Country Estate se sekuriteit is uitstekend. Die gaste word versoek om eenmalig, enige tyd van die dag of nag hul vingerafdrukke by die sekuriteitshek te laat neem, dan kan hul sonder moeite in en uit beweeg terwyl hul daar bly. Anders sou hul lisensie en registrasie elke keer geskandeer moes word. Ek is van mening dat dit 'n uitstekende reëling is.
Die huurder het aan sy kant van die huis gekuier, vêr van die gastekamers af.
Van my kant het ek alles gedoen om hul vooraf in te lig en te akkommodeer.
Ek is jammer as dit nie voldoende was nie.

Bayhill Drive Lodge
Latithia R - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Latithia R
Enkelreisiger

Puik.

Ek het baie lekker en rustig gerus. Dankie. Ena.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Ek is bly Latithia. Baie welkom.

Bayhill Drive Lodge
Pieter B - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heel rustig, netjies en gemaklik.

Ons was gelukkig met ons twee aande in Bay Hill Drive 30. Ena het spesiaal gereël vir blomme in ons kamer toe ek gevra het, en uit haar pad uit gegaan om seker te maak dat ons die beste kamer het vir ons tydjie daar. Uitstekende kommunikasie, en gemaklike geriewe.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dit was lekker om julle hier te kon ontvang Pieter.
Alles van die heel beste vir die toekoms.
Ena

Bayhill Drive Lodge
Carla V - Nov 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla V
Saam met eggenoot / lewensmaat

It is a very cozy place.

Very neat. Will stay again.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Thank you for the kind words, Carla. Hope to see you again.

Warm regards,
Ena

Bayhill Drive Lodge
Lize B - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lize B
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Vreedsame wegbreekplekkie of rustige oornag in 'n pragtige lowergroen landgoed.

Die gastehuis is geleë in 'n lieflike, rustige omgewing, naby aan die natuur met pragtige uitsigte vanuit ons kamer en badkamer. Smaakvolle geriewe en dekor het ons verblyf baie besonders en gemaklik gemaak. Ons ontvangs was hartlik en baie tegemoetkomend. Ons sal vir seker weer daar oornag en selfs mense saamneem of verwys. Baie dankie Ena vir 'n besonderse plek teen 'n baie billike prys.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Baie dankie vir jou mooi terugvoer Lize. Ek waardeer. Dit was heerlik om julle te kon ontvang.
Groete,
Ena.

Bayhill Drive Lodge
Alta K - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alta K

Baie gemaklik en rustig met goeie gevoel van huislikheid.

As gevolg van die veiligheid en die rustigheid, kan jy met 'n geruste hart slaap. En die huislikheid laat jou sommer tuis voel. Baie dankie vir 'n heerlike verblyf.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Thys L - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thys L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig, gerieflik en baie netjies.

Ons is baie vriendelik ontvang. Pragtige kamer en omgewing. Baie netjies en ruim. Dank aan ons gasvrou.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie vir die mooi komplimente, Thys. Dit was lekker om julle hier te kon huisves.
Groete, Ena

Bayhill Drive Lodge
Theresa G - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Theresa G
Saam met vriende

Ons was net een aand by tannie Ena se gastehuis, maar dit was pragtig en netjies.

Dit was die mooiste, netjieste plek. Ons was net een aand daar, maar dit was so lekker warm atmosfeer. So regte huis weg van die huis af. Tannie Ena was 'n baie vriendelike gasvrou. Dit het gereën toe ons daar was Saterdagaand, so ons het die volgende oggend eers besef ons kamer het 'n skuifdeur. Volgende keer gaan ons beslis langer bly en dan die skuifdeur oopmaak en bietjie rondloop op die landgoed se gronde. Dankie vir 'n heerlike stil nagrus!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Theresa, baie dankie vir jou mooi woorde. Ek waardeer dit. Ek is bly dat jy en jou vriendelike groep lekker gebly het. Ons hoop regtig om julle weer te kan ontvang.
Groete, t. Ena

Bayhill Drive Lodge
Marietjie D - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marietjie D

Ek het nog nooit vantevore só lekker geslaap nie!

Ek sal definitief Bayhill Drive 30 vir enigiemand aanbeveel. Ek het nog nooit vantevore só lekker geslaap in ‘n gastehuis nie! Die kamers is baie luuks en ruim, en ook privaat. Die beddens is besonders gemaklik, en die gastehuis is geleë in ‘n stil, rustige gedeelte van die natuurskoon landgoed. Die badkamers is groter en luukser as wat mens in ‘n tradisionele gastehuis kry, alles is pynlik netjies. Daar is genoeg kaste vir al jou klere, ‘n ruim tuin waarin jy kan rondloop, en die landgoed is baie veilig. Ek is gewoonlik iemand wat maklik kla, en ek kon geen fout vind met Bayhill Drive 30 nie. Ena, die eienares, is baie gasvry en hulpvaardig. Ek voel ek het definitief waarde vir geld gekry en ek sal beslis weer by Bayhill Drive 30 bly as ek in Witrivier is!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Baie dankie vir jou vriendelike woorde, Marietjie. Ek toon groot waardering daarvoor. Ek hoop om julle weer hier te ontvang. Ena.

Bayhill Drive Lodge
Quintin S - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
1/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Quintin S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die blyplek en kamers is baie mooi.

Daar is nie skoon glase of koppies die volgende dag, daar is nie borde of messe of vurke as jy wegneemetes terugbring om te eet, geen skoonmaakmiddels om bad uit te was, geen vars water volgende dag in kamers. Kamers word glad nie gediens, vuil koppies bly by ingangsportaal, geen wasbak om iets uit te was (behalwe in jou badkamer), ons het 4 dae gebly, plek is regtig baie mooi. Voorstel: Sit ketel en klein mikrogolf in kamer met benodighede, baie steurend om koffie in ingangsportaal te maak as ander nog slaap.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Beste Quintin,

Baie dankie vir die terugvoer.

Dit word aangedui op die advertensie dat dit 'n gesamentlike eetkamer is met net 'n koffiestasie, mikrogolf en klein yskas. Wegneemetes kom gewoonlik met hul eie eetgerei, dit word nie voorsien nie. Wanneer dit versoek word, sal ons dit met graagte verskaf.

Dienste in die kamers word verskaf indien daar so ooreengekom is met die gaste. Nie alle gaste verkies dit nie en verkies om hul kamers bedags te sluit.

Skoon koffiebekers word gereeld voorsien. Die glase is in die kamers wat dikwels gesluit is.

Skoon drinkwater word so ver moontlik voorsien. Dit is nie op die profiel aangedui dat dit deurlopend aangevul wordi nie en moet deur die gaste self aangevul word indien nodig.

Bayhill Drive Lodge
Charlene C - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charlene C
Saam met vriende

Safe location for ladies.

We were two lady friends visiting White River for the weekend. This accommodation is in a secure location within a golf estate. We were close to Casterbridge and Nelspruit. The accommodation is value for money in a beautiful modern house. I had coffee early next to the small river flowing past the house, with a beautiful sunrise and birds singing. There is no TV which I actually missed, just to have back ground music while getting dressed, etc. Ena is a friendly host and made sure we were taken care off. We will definitely use this house again when we are in White River.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Thank you for your kind words, Charlene. I am so glad that you enjoyed your stay at Bayhill Drive 30. Hope to see you and your friend again.

Love,
Ena

Bayhill Drive Lodge
Peter P - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Peter P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was wonderlik, ideaal vir 'n wegbrekie, sy het special gevoel!

Die plekkie is skoon, netjies, oop en modern. Daar is ruite en 'n pragtige omgewing. Ons het dit baie geniet!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Baie dankie Peter. Dit was lekker om julle te ontvang. Ena

Bayhill Drive Lodge
Hannes V - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hannes V
Besigheidsreis

Hierdie plek het my gekies, forever!

Hierdie plek staan beslis kop-en-skouers uit bo ander. Skoon, ruim, en beautiful!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie Hannes. Ek waardeer. Sien jou graag weer.

Bayhill Drive Lodge
Paul F - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Paul F
Saam met vriende

Basic but comfortable accommodation with limited self-catering facilities. Good value.

Comfortable with basic self-catering. Better to eat out as there are no kitchen facilities, only coffee and rusks. A lovely garden and pool and helpful owners.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Thank you Paul. Hope to see you again.

Bayhill Drive Lodge
Braam S - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Braam S
Saam met vriende

Baie lekker! Gaan vir seker weer terug.

Vriendelik en baie mooi! Bly volgende jaar vir seker weer daar.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Dankie Braam. Dit was lekker om julle hier te gehad het. Hoop om jul weer te ontvang.

Bayhill Drive Lodge
Wilhelm B - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wilhelm B
Saam met eggenoot / lewensmaat

It was a very enjoyable experience.

Owner went out of her way to assist us. Need and tidy. Everything was in order and in place. Will be back.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Baie dankie Wilhelm en Madelein. Ek sal jul graag weer wil ontvang. Ena Swart

Bayhill Drive Lodge
At C - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
At C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Waarde vir geld, rustig en veilig.

Die ligging is uitstekend met 'n pragtige rustige, veilige omgewing. Ena Swart is vriendelik, hulpvaardig en het ons tuis laat voel. Ons het baie lekker gebly en sal beslis weer gaan as ons in die omgewing is.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Jatie V - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jatie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangename ontvangs, rustig, geen geraas en baie veilig.

Die verblyf was aangenaam. Vriendelike ontvangs. Kamer en badkamer was skoon en netjies. Pragtige tuin en area. Sal dit aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Henriette W - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Henriette W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vriendelike mense, bekostigbaar, netjies, skoon en uitsig is baie mooi!

Me. Ena het ons baie vriendelik verwelkom. Die Country Estate is pragtig. Sekuriteit is baie goed. Kamer is baie skoon en netjies en die omgewing is stil. Waarde vir geld.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Andile L - Nov 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andile L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Perfect, perfect, perfect!

Bayhill Drive 30 is the place to be, it's worth every cent!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Thank you, Andile.

Bayhill Drive Lodge
Francois C - Okt 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Waking up to all the birds of the Lowveld.

Good, old-fashioned hospitality. Dankie Ena. We strongly recommend this accommodation for anybody wanting to see the Lowveld area. You're so close to civilisation, yet you feel like you're in the countryside. The rooms are extremely comfortable. Clean, clean, clean!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Bayhill Drive Lodge se terugvoer

Baie dankie Francois.

Bayhill Drive Lodge
Francois R - Sep 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Francois R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie dankie vir netjiese verblyf met vriendelike diens. Ons vertel graag vir ander hiervan!

Ons het baie lekker gebly in 'n pragtige kamer met 'n uitstekende badkamer en suite. Ena Swart het ons vriendelik ontvang - en one het lekker gekuier met mekaar. Ek beveel Bayhill Drive 30 sterk aan!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bayhill-rylaan 30, White River Country Estate, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABvn6n7a2mxbRFcLNz2ZFugckHkdr5OaEdi4m2Vrvu8QklCiluU?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 51 5 1 5 30 Bayhill Drive White River Country Estate 1240 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.287635 31.002845
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem