Be My Guest Bed, Book & Breakfast
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2de Laan 99, Melville, Johannesburg, 2092, Gauteng
- Vanaf R1 076 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Be My Guest Bed, Book & Breakfast is in 'n baie stil straat in die hartjie van Melville, Johannesburg geleë. Die stilte van die area, die talle boeke in die B&B en die voëllewe in die tuin help gaste om te vergeet dat hulle in die middel van Suid-Afrika se besigste stad is.
Verblyf word in 8 gasteslaapkamers wat na Afrika-skrywers vernoem is beskikbaar. Die gashere is groot boekliefhebbers en het 'n groot versameling boeke wat gaste kan lees. Elke en suite-kamer is gerieflik ingerig en het 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed. Daar is ook 'n lieflike stort, verwarmer en ekstra komberse in die winter. Gratis WiFi, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n kluis vir waardevolle items en tee- en koffiemaakgeriewe is beskikbaar. Die groot en lowerryke tuin en die lieflike stoep is bereikbaar van al die kamers af.
'n Heerlike en gesonde ontbyt word elke oggend bedien. 'n Kontinentale en Engelse ontbyt, sap, hawermout, ontbytgraan, jogurt, vars vrugte, koffie, tee, brood en 3 opsies van warm items soos roereier, spek en tamatie is beskikbaar. Die eiers word gaargemaak soos gaste dit verkies.
Daar is veilige parkeerplek op die perseel of in die straat met sekuriteit vir busse, 4x4's en voertuie met daktente.
7de Straat het besienswaardighede soos boetiekwinkels, boekwinkels, koffiekroeë en restaurante. Die instansie is net 3 km vanaf die Universiteit van Johannesburg, SAUK TV-ateljees en Mediapark en 5 km vanaf Milpark Hospitaal en Wits Universiteit.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- 2de Laan 99, Melville, Johannesburg, 2092, Gauteng
Sien meer verblyf in Melville Randburg Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2de Laan 99, Melville, Johannesburg, 2092, Gauteng