Beach Cottage 1
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barnacle-keerom 3, Vermont, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 610 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Beach Cottage 1 is in Vermont geleë en het lieflike see-uitsigte. Die kothuis bied slaapplek vir 8 gaste.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers en alle linne en handdoeke word voorsien. Daar is dubbelbeddens in 2 van die slaapkamers en albei het en suite-badkamers. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en oond, sowel as 'n ontbyttoonbank. Gaste kan gerus van die skottelgoedwasser en wasmasjien wat voorsien word gebruik maak.
Etes kan by die etenstafel geniet word of gaste kan in die sitkamer ontspan voor die TV met DStv en 'n DVD-speler. Die leefarea het 'n binnebraai en lei tot 'n stoep vanwaar gaste die see-uitsig kan geniet en die walvisse gedurende die walvisseisoen kan dophou.
Beach Cottage 1 is net 'n kort entjie se stap vanaf die see en gaste kan lekker draf of stap al langs die see na Breakfast Baai, Davies Pool of Jan Rabie-getypoel. Doendinge in die omgewing sluit bergfietsry, voetslaan en golfspeel in. Daar is talle besienswaardighede soos die Hemel-en-Aarde-vallei met sy verskillende wynplase en meer.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
O'Nel Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 132
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Barnacle-keerom 3, Vermont, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Gaste dink Beach Cottage 1 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barnacle-keerom 3, Vermont, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom