Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Front Vacation

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 55, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beach Front Vacation is in Amanzimtoti, 'n gewilde vakansiedorp aan die suidkus van KwaZulu-Natal, geleë. Die woonstel is ideaal vir 'n groot gesin en is na aan alle geriewe, restaurante, winkels en 'n aantal doendinge in die omgewing. Dis ook net sowat 400 m van die hoofstrand af.

Die eenheid is 'n tweeslaapkamerwoonstel met 2 badkamers op die vyftiende vloer. Dit het 'n 180° see-uitsig vanuit die leefarea en albei slaapkamers. Daar is slaapplek vir 6 tot 8 gaste. Op die grondvloer is daar 'n swembad met 'n ablusieblok, 'n braaidek met tafels en stoele, kelderparkeerplek en direkte toegang tot die strand. Daar is ook 3 hysbakke en 'n waskamer met 3 industriële wasmasjiene en 1 tuimeldroër op die dak.

Die oopplan-leefarea en -eetarea het 2 tweesitplekrusbanke, 1 leunstoel en 'n driekwartslaapbank. Daar is ook 'n tafel met 6 eetkamerstoele en 2 kroegstoele en daar is 'n TV en koffietafel. Die leefarea beskik oor 2 plafonwaaiers en die slaapkamers het elk 1 plafonwaaier. Daar is ook 'n waaier op 'n rak in die tweede slaapkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die stort beskik oor handrelings waaraan bejaardes kan vashou indien nodig. Die tweede slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 2 stapelbedddens. Die tweede badkamer, in die gang, het 'n bad met 'n handstort, wasbak en toilet.

Die kombuis beskik oor 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolfoond, elektriese ketel, broodrooster, drukkoker, elektriese braaipan, elektriese klitser, stel potte met glasdeksels, panne, glasbladstoof, oond, mikrogolfbakke en deksels, eetgerei, breekware, slaai- en mengbakke, snyborde, plekmatjies, skinkborde en nog meer.

Laat asseblief jou swartsakke uit op die patio voor 08:00 elke weeksdagoggend sodat dit weggeneem kan word.

'n Geplaveide wandelpaadjie met 'n vlooimark sal jou neem tot by die hoofstrand met sy getypoel en swembad. Dis slegs sowat 300 m ver.

Daar is verskeie restaurante soos die Blue Waters Steers vir maaltye en versnaperinge in die omgewing. Die Shoprite-winkelsentrum met 'n klomp ander klein winkeltjies en 'n Wimpy is binne stapafstand. 'n Vermaaksentrum met 'n kegelbaan en ander prettige doendinge is net oorkant die Shoprite geleë en slegs 'n paar meter in die straat af is die strandmeer wat verskeie doendinge en eetplekke bied. Daar is 'n waterpark en speelgronde vir kinders langs die hoofstrand. Ons is minder as 5 km vanaf die Galleria Winkelsentrum wat 'n Checkers Hyper, Game, Clicks, Dischem en verskeie skoen- en klerewinkels behuis. 'n Filmteater met al die nuutste flieks kan ook besoek word. Ons is ongeveer 2 km vanaf 'n Builders Express, Food Lovers Market en Pick n Pay met 'n Makro net oorkant die pad.

Slaapplek

’n Bespreking by Beach Front Vacation sluit in:

Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Dienste

  • Internet koppeling

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 27 resensies vir Beach Front Vacation
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Elize Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 118

Jaar gelys 10

Ligging

  • Kusweg 55, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Beach Front Vacation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 55, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFkMDcyZjBiLTA5MzctNDMxMy04OTA5LWQyN2ZlOGY3ZjU5Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 6) 27 5 1 5 55 Beach Road Amanzimtoti 4126 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -30.053183 30.886751
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem