8 gaste
4 slaapkamers
6 beds
1 badkamer
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - 18 Main Road, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Beach Music is 'n troeteldiervriendelike selfsorghuis in die kusdorp Sandbaai. Die eiendom is die ideale basis vir diegene wat wil walviskyk in Hermanus en die Hemel-en-Aarde-vallei wil verken.
Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is bo en het 'n sagte koningingrootte-bed, ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die solderarea is vol natuurlike lig en daar is oorgenoeg lessenaarspasie, rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Een van die banke vou oop vir ekstra slaapplek.
Die ingangsportaal op die grondverdieping bied toegang tot 3 slaapkamers en 1,5 badkamers. Die eerste slaapkamer is effens groter en het 'n koningingrootte-bed en ingeboude kaste, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, ingeboude kaste, 'n stort en 'n wasbak en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, wasbak en 'n losstaande kas. Daar is 'n stort en 'n bad in die badkamer.
Die kombuis is goed toegerus met die nodige toebehore om maaltye voor te berei. Die ruim en oopplan-leefarea het 'n kaggel en dubbeldeure wat toegang tot die stoep met braaigeriewe bied.
Goed gemanierde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Beach Music het 'n alarm, sekuriteitshekke en diefwering. Fidelity ADT bied 24 uur-sekuriteit.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Christiaan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 18 Main Road, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Beach Music het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
18 Main Road, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang