Beau & I

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Soos wat uit ons naam afgelei kan word, is ons verblyf 'n spanpoging deur Beau and Imelda, om die beste moontlike diens aan ons gaste te bied en te verseker dat hulle hul verblyf sal onthou. Beau & I is in die hartjie van Graaff-Reinet geleë. Ons is stapafstand van winkels, restaurante, museums en ander merkwaardige plekke.

'n Knus, ontspanne atmosfeer word geskep met 'n besonderse klem op gerief om ons gaste tuis te laat voel. Ons bied gerieflike verblyf in 2 huise langs mekaar in 'n rustige tuin met 'n binnehof en braaiplek.

Verwarmers en elektriese komberse verseker 'n lekker nagrus gedurende die koue wintersnagte. Twee van die en suite-kamers het lugversorging. Let asseblief daarop dat ons en suite-badkamers oopplan is.

In die somer word ontbyt in die binnehof met sy pragtige plantversameling bedien. Daar is ook 'n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel.

Die dorp se gholfbaan, binne 5 km van die dorp, word as een van die beste 9-putjie gholfbane in Suid-Afrika beskou. Dit is 'n oase in die middel van die dorre Karoo-landskap en die ware gholfspeler moet hierdie baan beslis ervaar!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Beau & I gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za