BelAir Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

BelAir is 'n smaakvol versierde gastehuis met 15 slaapkamers in Piet Retief. Dit is naby verskeie restaurante en winkels.

Daar is 3 verskillende kamerkategorieë wat beskikbaar is aan gaste. Elke kamer is toegerus met 'n en suite-badkamer, 'n TV met DStv, WiFi, 'n plafonwaaier, 'n verwarmer, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Die gastehuis bied ook droogskoonmaakdienste en is rolstoelvriendelik. Daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel agter 'n elektroniese hek met laserstraal-sekuriteit en geslotekringtelevisie-kameras as ekstra sekuriteit, selfs genoeg vir 'n sleepwa, boot of karavaan.

BelAir Guest House is net 'n entjie van die N2-hoofweg na KZN, Gauteng, die Laeveld, Swaziland en die suidelike grens van Mosambiek af.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BelAir Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R860 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false