Bernallys Fishing Lodge
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 21 Vaalbank, Magaliesburg, 1791, Gauteng
- Vanaf R270 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bernallys Fishing Lodge bied hutte, tente en 'n kampeerterrein op 'n privaat plaas 2 km vanaf Magaliesburg. Die lodge is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n buitelug-wegbreek uit die stad se gedruis.
Verblyf is beskikbaar in ten volle gemeubileerde selfsorg-chalets met kaggels. Die lodge het ook 'n kampeerterrein en tente. Elke chalet het 1 of 2 slaapkamers met slaapplek vir 2 tot 6 gaste. Sommige eenhede deel badkamers en die ander het toegang tot en suite- of aparte badkamers.
Klein, goedgemanierde troeteldiere kan saamkom indien vooraf gereël. Al die eenhede en kampeerplekke het toegang tot privaat of gedeelde braai-areas.
Bernallys Fishing Lodge bied verskeie doendinge op die perseel soos baarsvang, kunsvlieghengel, voëlkyk en fiets- en bergfietsroetes. Ons is sowat 30 minute se ry vanaf Johannesburg. Let asb. daarop dat ons eenhede baie basies is, geen DStv het nie en nie luuks is nie, maar genoeg en ideaal vir diegene wat van die stadsgedruis wil ontsnap en ontspan.
Die eiendom word in die aande deur sekuriteitswagte gepatroleer.
Let wel dat die hoofdam leeg is a.g.v. min reën. Die kleiner damme se watervlakke is laag maar gaste kan nog lekker visvang omdat al die visse na die kleiner damme geskuif is.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wildritte
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.7/5
Bernard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 48
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Erfdeel 21 Vaalbank, Magaliesburg, 1791, Gauteng
- Gaste dink Bernallys Fishing Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 21 Vaalbank, Magaliesburg, 1791, Gauteng