+38
Selfsorg in Leisure Bay

Big Fish Seaside Cottage

10 gaste

5 slaapkamers

6 beds

2 badkamers

  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 847 Cardiff Avenue, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Big Fish Seaside Cottage is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis in Leisure Bay, net 5 minute se stap van die strand af. Die huis bied 'n pragtige uitsig vanaf die boonste balkon in Port Edward se rigting en dit is net sowat 8 km van die dorp af so gaste kan maklik by die Spar uitkom vir kruideniersware. As jy 'n bietjie verder uitry en die Mtamvuna-rivier oorsteek, is jy in 'n japtrap by die Wild Coast Sun waar jy 'n potjie gholf kan speel of die gesin na die Wild Waves Waterpark kan neem.

Die huis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers op die boonste verdieping, asook 'n slaapkamer, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea op die onderste verdieping. Die eerste, derde en vierde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 1 leefarea en slaapkamer op die onderste verdieping het lugversorging. Die eerste badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n gastetoilet.

Die kombuis is met 2 yskas-vrieskaste, 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus en daar is 'n tuimeldroër. Daar is oorgenoeg sitplek in die leefarea met lugversorging en 'n TV met DStv. Buite is daar 'n dek met sitplek en 'n ingeboude braai. Die TV, DStv en WiFi is aan 'n omsetter gekoppel wat tydens beurtkrag inskop.

Onderdakparkeerplek in 'n motorhawe is beskikbaar op die perseel. Hierdie huis is hond-vriendelik en gaste se troeteldiere kan saamkom, mits dit vooraf gereël word.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

JAN Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 847 Cardiff Avenue, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Big Fish Seaside Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 350
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 350
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 350
per nag (plek vir 10)
Bespreek

847 Cardiff Avenue, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd38e8551eb7df70817d0f5095d94d700b6e30ba6b42c01f4af3f54e8f8639e5215bcc64a674566a5a7487c7e7bacad4a7781?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 350 per nag (plek vir 10) 7 5 1 5 847 Cardiff Avenue Leisure Bay 4278 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -31.027151909007 30.237014095037

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang